Help ons senior burgers met skenkings aan We Care-stigting

Loading player...
Die We Care-stigting bied môreoggend tussen ses- en agt-uur ‘n blikskud fondsinsameling op Windhoek se straathoeke aan. Agra en Kumon Namibia sal op twee punte by die pogings aansluit. Spanne wat soos senior burgers aangetrek is, sal by die kruising by Windhoek Hoërskool en die kruising naaste aan Agra wees om geld in te samel vir ons senior burgers. Die stigting sal ook heeldag by Senior Park in Pionierspark wees om enige donasies, klein of groot, te ontvang. Lede van die publiek word aangemoedig om die stigting te ondersteun. Aletta Hough van die stigting verduidelik waarvoor die fondse gebruik sal word.
5 Dec 2024 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Wat is knopvrotsiekte en Goss se verwelk?

Die landbouministerie het alle invoere en deurgang van mielies en mielieprodukte, asook papajas en hul produkte en ander palmsoorte uit die Vrystaat, Limpopo en Mpumalanga verbied. Dit kom na knopvrotsiekte in palms en Goss se verwelk op mielies in die provinsies bevestig is. Verwelk is 'n bakteriese siekte wat mielies…
24 Jan 11AM 1 min

Kaapstadse Met bring perde, modegiere

Perdesport: Die ikoniese Kaapstadse Met, wat een van die belangrikste geleenthede op die land se perdewedren-kalender is, gaan môre sportgeesdriftiges én sosiale vlinders na die Kenilworth-renbaan lok. Vanjaar se tema is Couture Unleashed, wat avant-garde kuns en tydlose elegansie laat saamsmelt. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê…
24 Jan 11AM 1 min

Die tyd is ryp vir bosgebaseerde veevoer

Dele van die land het tans welige groen weiveld, danksy goeie reënval. Dit is 'n deurslaggewende tydperk vir boere om vir toekomstige droogtes voor te berei deur met die produksie van bosgebaseerde veevoer te begin. Die gebruik van indringerbosse vir veevoer bied 'n volhoubare oplossing met aansienlike voordele, veral gedurende…
24 Jan 10AM 1 min

VF-Plus gaan Onteieningswet uitdaag

Die Vryheidsfront Plus sê hy gaan as lid van die regering van nasionale eenheid alles in sy vermoë doen om ʼn wysigingswetsontwerp te laat uitreik om die Onteieningswet se grondwetlikheid uit te daag. Die wet sit uiteen hoe staatsinstellings om verskeie redes grond in openbare belang mag onteien. Die VF…
24 Jan 10AM 1 min

Belangrike HPV-entstof op pad na openbare gesondheidsentrums

Die gesondheidministerie het begin met die verkrygingsproses vir die menslike papillomavirus-entstof, of HPV-entstof, om dit wyd bekend te stel as 'n metode om servikale kanker te voorkom. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van gesondheid, sê hulle gaan tans deur die nodige regulatoriese en voldoeningsprosesse. Die entstof beskerm teen HPV, wat sekere…
24 Jan 9AM 1 min