SA Kommunistiese Party wil onafhanklik staan, ANC het kommer
Loading player...
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party se besluit om in 2026 onafhanklik aan die plaaslike verkiesing deel te neem, hou ernstige gevolge vir die alliansie in. Die SAKP beplan om by sy komende vyfde Spesiale Nasionale Konferensie te besluit hoe om dit te doen. Mbalula sê die ANC-leierskap het die SAKP oor sy kommer ingelig.