SMEs Compete bly druk besig met werkskepping
--:--
Met hoë werkloosheidsyfers, veral onder die jeug, is entrepreneurskap besig om na vore te tree as 'n oplossing om ekonomiese groei aan te dryf en werksgeleenthede te skep. In ooreenstemming hiermee woon 30 jong Namibiërs van Otjimbingwe wat belangstel in ekonomie en besigheid hierdie week die "Jy is nooit te jonk vir besigheid nie"-program by. Die driedaagse program word aangebied deur SMEs Compete, met ondersteuning van die Duitse Ontwikkelingsdiens, GIZ. Die program sal deelnemers bemagtig met vaardighede en kennis om sakegeleenthede te identifiseer, hul eie ondernemings te begin en by te dra tot hul gemeenskap se ekonomiese groei. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gesels, wat verduidelik.