Geen ondersoek na verdedigingministerie na N$8 miljoen-sage

--:--
Die Affirmative Repositioning-beweging se leier, Job Amupanda, moes sy woorde sluk na die verdedigingministerie sy bewering dat die ministerie korrup was in 'n sekere tender, weerlê het. Hy het beweer die ministerie het 'n tender toegeken vir een voertuigonderdeel van 8 miljoen Namibiese dollar. Die ministerie het bewys die bedrag was vir 1 000 onderdele vir meer as 14 Weerwolf militêre voertuie. Kosmos 94.1 Nuus het Paulus Noa, die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie Kommissie, gevra of hulle die bewering gaan ondersoek.
21 Nov 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Min onderwysposte, oorplasings bekommer Tucna

Gegradueerde onderwysers is bekommerd omdat hulle nie onderwysposte kry nie, met baie wat glo dat om 'n werk te kry nou "konneksies" of onetiese praktyke soos omkopery vereis. Verlede jaar het die onderwysministerie 740 poste gevul, met nog 750 wat na verwagting vanjaar geadverteer en gevul sal word. Mahongora Kavihuha,…
21 Nov 11AM 1 min

Voedselonsekerheid in Afrika neem toe

Die Navorsingsnetwerk vir Voedselstelsels in Afrika waarsku die toename in voedselonsekerheid vereis onmiddellike ingryping en gekoördineerde globale optrede. Meer as 129 000 mense in Afrika word deur hongersnood in die gesig gestaar. Dr. Elizabeth Mkwandawire van die netwerk sê talle faktore dra by tot die huidige voedselkrisis met konflikte en…
21 Nov 11AM 1 min

Mediadekking van politieke partye nou meer gelyk

Die media moniteringsprojek het 'n inligtingsessie gehou oor hul jongste bevindinge rakende die mediadekking van politieke partye. Met die verkiesing binne enkele dae, het die projek gevind dat die dekking van Swapo afgeneem het en dat die speelveld meer gelyk is ten opsigte van mediadekking van alle partye. Navorser Christie…
21 Nov 10AM 1 min

'Magic mushrooms' nog nie veilig vir depressie-behandeling

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters sê die psigedeliese dwelm, psilosibien of "magic mushrooms", lyk belowend as nuwe behandeling vir geestesgesondheidtoestande soos erge depressie, middelmisbruik en posttraumatiese stresversteuring. Die vereniging waarsku egter dit beteken nie dis sonder risiko’s nie. Woordvoerder Bavi Vythilingum sê beroepslui in die bedryf het meer tyd nodig…
21 Nov 10AM 1 min

Ry stadiger wanneer dit reën

'n Verkiesingswaarnemersvoertuig van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap was omstreeks 5-uur gistermiddag in 'n ernstige ongeluk in Windhoek. Die botsing het op die hoek van Kerkstraat en Mandume Ndemufayo-laan plaasgevind en drie voertuie was betrokke. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Superintendent Marceline Murapo van die Windhoek Stadspolisie se skakelafdeling, wat bestuurders…
21 Nov 9AM 1 min