Woord vir Vandag - 23 Nov 2024

Loading player...
“…so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes is hoër as julle gedagtes.” Jesaja 55:9 NLV

Jy het ‘n groter besef van God nodig

Jou interne beeld van God bepaal hoe jy alles anders sien. Die meerderheid van ons probleme is nie ‘n produk van omstandighede nie, maar as gevolg van ons uitkyk. Ons kan ons grootste probleme na ‘n onvoldoende begrip van wie God is, terugspoor. God sê: ‘Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes is hoër as julle gedagtes.’ ‘n Bekende skrywer lig ons in: ‘Sterrekundiges het sterrestelsels 12,3 biljoen ligjare van die aarde af bespied. Om daardie afstand in perspektief te plaas, oorweeg die feit dat lig wat teen 186 000 myl per sekonde beweeg, slegs agt minute neem om die 93 miljoen myl tussen die son en planeet aarde af te lê. Sonlig is net agt minute oud. Lig van die verste sterrestelsel neem egter 12,3 biljoen ligjare om hier te kom. Daardie afstand is feitlik onverstaanbaar. God sê dit is minder as die afstand tussen sy gedagtes en ons gedagtes. Jou beste gedagte oor God op jou beste dag skiet 12,3 biljoen ligjare tekort van hoe groot en hoe goed God werklik is. Miskien is dit tyd om op te hou om vierdimensionele perke op God te plaas. Miskien is dit tyd om op te hou om God in ‘n boks so groot soos jou serebrale korteks te plaas.’ Hoe meer ons groei, hoe groter moet God word. Hoe groter God word, hoe kleiner sal ons probleme word. Die gesangskrywer Oscar C. Eliason het geskryf: ‘Got any rivers you think are uncrossable? Got any mountains you can’t tunnel through? God specializes in things thought impossible. He can do just what none other can do.’
22 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min