Wêreld herdenk Diabetesdag

--:--
Die wêreld herdenk vandag Diabetesdag en Namibië staar groot uitdagings in die gesig om bewustheid oor die toestand te verhoog. Algemene struikelblokke vir diabetiese pasiënte sluit in swak dieet, gebrek aan fisiese aktiwiteit en onvoldoende selfmonitering van glukosevlakke. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Carmen Letlahagoje, 'n voedingkundige van die Voedings- en Voedselsekerheid Alliansie van Namibië, wat sê bewusmakingsveldtogte is nodig.
14 Nov 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Cran fokus op toeganklikheid met WhatsApp diens, webwerf

Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het sy WhatsApp Consumer Assistant en opgeknapte webwerf bekendgestel. Emilia Nghikembua, Cran se uitvoerende hoof, het die belangrikheid van toeganklike kommunikasiekanale beklemtoon asook die behoefte om burgers oor hul regte, die regulatoriese raamwerk en beskikbare dienste in te lig. Nghikembua brei uit.
3 Dec 11AM 1 min

SA Kommunistiese Party wil onafhanklik staan, ANC het kommer

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party se besluit om in 2026 onafhanklik aan die plaaslike verkiesing deel te neem, hou ernstige gevolge vir die alliansie in. Die SAKP beplan om by sy komende vyfde Spesiale Nasionale Konferensie te besluit hoe om dit te doen. Mbalula…
3 Dec 11AM 1 min

Jongste uitslae: Swapo op 56,38%, IPC 19,23%

Die Verkiesingskommissie het nog verkiesingsuitslae uitgereik. In die presidensiële verkiesing loop Netumbo Nandi-Ndaitwah van Swapo voor met 54,8 persent. Die IPC se Panduleni Itula het 28,09 persent. Die Nasonale Vergadering uitslae toon Swapo het 56,38 persent en die IPC 19,23 persent van stemme. Die kommissie se voorsitter, Elsie Nghikembua, het…
3 Dec 10AM 1 min

Handelstekort bereik N$7,8 miljard in Oktober

Die Namibië Statistieke Agentskap het die handelstatistieke vir Oktober uitgereik, waarvolgens die handelstekort 7,8 miljard Namibiese dollar bereik het. Die kommoditeit van die maand is lewende kuikens, wat vir 1,4 miljoen Namibiese dollar uit Zambië, Nederland en Suid-Afrika ingevoer is. Geen lewende kuikens is uitgevoer nie. Mirjam Shihepo, die statistieke…
3 Dec 10AM 1 min

Napha vier trofeejag-oorwinnings in Europa

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, vier sy 50ste bestaansjaar en hou van 2 tot 4 Desember sy algemene jaarvergadering. Een van Kosmos 94.1 Nuus se joernaliste is op die toneel en het gesels met Napha president Axel Cramer, wat hoogtepunte van die jaar uitlig.
3 Dec 10AM 1 min