LPM-jeug loods #AnythingButSWAPO

--:--
Die Landless People's Movement se jeugbevel het 'n veldtog - #AnythingButSWAPO - van stapel gestuur, wat kiesers versoek om vir enige party behalwe die regerende party in die verkiesings te stem. Met minder as drie weke oor tot die verkiesing, beklemtoon die LPM-jeugvleuel dat Swapo se bestuur in 34 jaar nie in die behoeftes van die land, veral die jeug, voorsien het nie. Hulle vra vir 'n verandering in leierskap. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met William Minnie, woordvoerder van LPM Jeug, wat meer deel.
10 Nov 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Akkerbouraad sê oor hemelhoë invoersyfers

Die droogte raak Namibië se landbousektor erg, wat lei tot 'n vermindering in die produksie van sleutelvoedselgewasse, veral koring en mahangu. Die land moes op invoere staatmaak om in die plaaslike vraag te voorsien. Die bemarkingseisoen vir mahangu het op 1 Junie begin en vir koring op 1 November. Voor…
12 Nov 11PM 1 min

Presidensie kap Beukes, media oor persvryheid

Die Presidensie het skerp gereageer op wat hy as veralgemenings deur veteraan joernalis Jonathan Beukes oor president Nangolo Mbumba se verbintenis tot persvryheid beskryf. Hy sê dis misplaas, en is 'n wanvoorstelling van feite. Mbumba se woordvoerder, Alfredo Hengari wat gereeld die media aanval, sê die president is ‘n voorbeeldige…
12 Nov 11PM 1 min

TransNamib het lof vir Shiimi se samewerking-opdrag aan vakbond

Werknemers van TransNamib het vroeër 'n betoging gehou en 'n petisie aan die ministerie van finansies oorhandig oor die heraanstelling van Webster Gonzo as die onderneming se uitvoerende hoof van menslike hulpbronne. Hulle het 'n beroep op TransNamib-bestuurders gedoen om die aanstelling te heroorweeg aangesien Gonzo van nalatigheid en begunstiging…
12 Nov 10PM 1 min

Lamola veroordeel beriggewing oor SA se saak teen Israel

Suid-Afrika se Internasionale Betrekkinge minister, Ronald Lamola, het vals inligting veroordeel oor Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Strafhof. Die saak handel oor Israel se beweerde oortredings van die Volksmoordkonvensie in Gaza en wil die land aanspreeklik hou vir sy optrede, insluitend massamoord. Lamola het aan die media…
12 Nov 10PM 1 min