Akkerbouraad sê oor hemelhoë invoersyfers

--:--
Die droogte raak Namibië se landbousektor erg, wat lei tot 'n vermindering in die produksie van sleutelvoedselgewasse, veral koring en mahangu. Die land moes op invoere staatmaak om in die plaaslike vraag te voorsien. Die bemarkingseisoen vir mahangu het op 1 Junie begin en vir koring op 1 November. Voor hierdie datums was Namibië hoofsaaklik afhanklik van ingevoerde grane. Die Namibiese Akkerbouraad se Graanhandel Statistiese Verslag meld dat 'n totaal van 2 449 ton mahangu ingevoer is, met 90 persent van Angola en 10 persent van Indië, terwyl slegs 382 ton plaaslik verkry is. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoofbestuurder van die Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, gesels oor die prentjie vir mahangu.
12 Nov 11PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Safa se Jordaan kry R20 000 borg

Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, en sy medebeskuldigdes in 'n bedrogsaak is 20 000 Suid-Afrikaanse rand borgtog toegestaan in die Palm Ridge-landdroshof in Gauteng. Jordaan, Safa se finansiële hoof, Gronie Hluyo, en die sakeman Trevor Neethling word daarvan beskuldig dat hulle die beheerliggaam uit 1,3 miljoen rand…
14 Nov 12AM 1 min

VSA-inflasie effe op

Amerikaanse verbruikersinflasie het verlede maand hoër geneig weens 'n styging in behuisingskoste, wat die Amerikaanse Federale Reserweraad se planne bemoeilik om rentekoerse te verlaag. Die verbruikersprysindeks het in Oktober tot 2,6-persent gestyg teenoor 'n jaar gelede, vanaf 2,4-persent in September. Die styging is ʼn stok in die wiel vir die…
14 Nov 12AM 1 min

Bring Bybstudie terug in skole

Ná onafhanklikheid in 1990 is Bybelstudie in skole vervang deur Godsdiens- en Morele Onderwys. Dit was daarop gemik om die land se diverse godsdienstige landskap te akkommodeer en begrip van verskeie gelowe te bevorder. Volgens die Raad van Kerke in Namibië het leerlinge se dissipline verswak sedert Bybelstudies gestaak is…
14 Nov 12AM 1 min

Ekonoom sê oor brandstofprys vir Desember

Suid-Afrikaanse motoriste het welkome nuus gekry, aangesien brandstofpryse na verwagting aansienlik laer as verlede jaar sal wees, ten spyte van die verhoging in November en die klein verhoging wat in Desember verwag word. Hierdie neiging van dalende brandstofpryse het oor die jaar opgebou, gekenmerk deur matige prysaanpassings, maar die algehele…
13 Nov 11PM 1 min

Geopolitieke spanning raak internasionale en plaaslike landbou

Wandile Sihlobo, 'n landbou-ekonoom in Suid-Afrika, het in 'n opiniestuk bespreek hoe onlangse geopolitieke spanning en beperkende handelsbeleide, veral dié wat deur die VSA geïnisieer is, wêreldwye landbou beïnvloed het. Sedert 2018 het handelsspanning toegeneem, wat begin het met Amerikaanse tariewe op Chinese invoere, en die daaropvolgende vergeldingstariewe op landbouprodukte…
13 Nov 11PM 1 min