Herrie oor uitstel van Hosea Kutako Heiligdom

Loading player...
Die onthulling van hoofman Hosea Kutako se Gedenkmuseum en Plaashuis-Heiligdom, wat aanvanklik vir Vrydag in Toasis in die Aminuis-kiesafdeling geskeduleer was, is tot 10 Desember uitgestel. Dit kom ná omstredenheid oor die beweerde uitsluiting van sommige van hoofman Kutako se afstammelinge van die geleentheid. Familiewoordvoerder Kejamuina Mungendje het beweer dat die kantoor van die president 'n ander stam genooi het, sonder om die betrokkenheid van sy kant van die familie in ag te neem. Die uitstel is amptelik toegeskryf aan president Nangolo Mbumba se bywoning van die inhuldiging van Botswana se verkose president, Duma Boko, op dieselfde dag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hivaka Mundgendje, 'n afstammeling van hoofman Kutako, wat sê dat die regering versuim het om hulle by die beplanning in te sluit.
6 Nov 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Kry permit vir hout-oes, of jy kry misdaadrekord

Die Kavango-Wes-streek sukkel steeds met die onwettige oes van hout. Permitte word sedert 2023 uitgereik aan diegene wat aan streng vereistes voldoen. NamPol en die Namibiese Inkomste-agentskap het in 2023 en vanjaar meer as 1 600 stukke onwettige hout en 1 800 planke van Angola en Zambië gekonfiskeer. Boetes van…
26 Dec 5AM 1 min

Bestuurders op B1 se padgedrag wek kommer

Die Namibiese Polisie in die Otjozondjupa-streek het kommer uitgespreek oor die houding van sommige bestuurders op die B1, wat voortdurend verkeerswette en -regulasies verontagsaam. NamPol se gemeenskapskakelbeampte, senior inspekteur Maureen Mbeha, vra vir nakoming van die wette en versoek motoriste om noodvoertuie die reg van weg te gee, aangesien sommige…
26 Dec 3AM 1 min

Tiener-Kersgeboortes sit statutêre verkragting in fokus

Die gesondheidsdepartment vier die veilige aankoms van meer as 570 babas, onder wie ses tweelinge, op Kersdag in gesondheidsfasiliteite landwyd. KwaZulu-Natal het 47 Kersbabas verwelkom. Onder die ma's is drie 15-jariges en 'n 13-jarige, wat kommer oor die gemeenskap laat ontstaan. Die LUR vir Gesondheid in die provinsie, Nomagugu Simelane,…
26 Dec 3AM 1 min

Swakop, Walvis burgemeesters sê dankie, kyk vorentoe

Die burgemeesters van Swakopmund en Walvisbaai sê 2024 was 'n uitdagende jaar. Die buurdorpe het mekaar ondersteun en plaaslike besighede en kliënte op innoverende maniere bygestaan. Walvisbaai-burgemeester Trevino Forbes het die dorp se inwoners bedank en die hawedorp se rol as 'n leier in ekonomiese ontwikkeling uitgelig.
25 Dec 11PM 1 min