Trump sê hy sal Amerika se toekoms aanpak

--:--
Dit is nou amptelik: Donald Trump gaan na die Withuis terugkeer nadat hy 'n oorwinning behaal het oor sy Demokratiese teenstander, Kamala Harris. Die Republikeine het ook beheer van die Senaat by die Demokrate afgeneem. Trump beskryf hierdie verkiesingsveldtog as Amerika se goue era om nasionale grootsheid te herstel. Hy onderneem om sleutelkwessies vir Amerika se toekoms aan te pak.
6 Nov 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

SAL-loodse terug op hul poste, staking afgelas

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het aangekondig dat die vlieënierstaking, wat Donderdag begin het, vandag opgeskort is. Die besluit volg op suksesvolle onderhandelings tussen SAL se uitvoerende bestuur en die Suid-Afrikaanse Vlieëniersvereniging. Die woordvoerder van die SAL, Vimla Maistry, sê die bestuur het 'n bykomende 1 persent salarisverhoging aangebied, wat uitloop op…
7 Dec 4AM 1 min

Katima sukkel, rioolstelsel besoedel maar waar is die geld?

Katima Mulilo se uitvoerende hoof, Rafael Liswaniso, sê die dorp staar uitdagings in die gesig met sy ou rioolsuiweringsaanleg, wat nie in die behoeftes van die groeiende bevolking kan voorsien nie. Die huidige stelsel, wat vanaf voor onafhanklikheid dateer, veroorsaak ondergrondse waterbesoedeling weens lekkende pype. 'n Nuwe aanleg, wat 40…
7 Dec 4AM 1 min

Eskom bespaar R17 miljard se diesel

Eskom sê die herstelplan het uitgeloop op jaar-tot-jaar dieselbesparings van amper 17 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat ongeveer 70 persent minder is as die 24,3 miljard rand wat verlede jaar oor dieselfde tydperk bestee is. Daphne Mokwena van Eskom sê die kragnutsmaatskappy se strategiese gebruik van piekstasies, waaronder gepompde berging en…
7 Dec 4AM 1 min

Belinda vat weer die Dash!

Die Namibiese fietsryer Belinda van Rhyn het weer die Desert Dash in die solo-afdeling gewen in ‘n tyd van 18 ure 46 minute en 33 sekondes. Sy sê daar was uitdagings.
7 Dec 2AM 1 min