Sabalenka vroue-tennis se nuwe Nr. 1

Loading player...
Tennis: Aryna Sabalenka van Belarus is die eerste keer in haar loopbaan die wêreld se nommer een op die jaareind-puntelys. Die heersende kampioen van die Australiese en Amerikaanse Ope is die 16de vrou in WTA-geskiedenis om ʼn jaar as nommer een af te sluit. Hierdie prestasie is bevestig nadat die Amerikaner Coco Gauff die verdedigende kampioen van die WTA-jaareindtoernooi, Iga Swiatek van Pole, geklop het om die halfeindronde in Riaad, Saoedi-Arabië te haal. Sabalenka sê dit voel soos ʼn droom:
6 Nov 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

SA inflasie styg effe in Oktober tot 2,9%

Jaarlikse inflasie in Suid-Afrika het verlede maand tot 2,9-persent gestyg, effens hoër as die 2,8-persent in Oktober. Voedselinflasie het daarenteen tot die laagste vlak in 14 jaar afgeneem en pryse vir items soos groente, brood en suiwel het gedaal. Brandstofpryse het met 0,9-persent gestyg, terwyl daar 'n styging van 5,9-persent…
11 Dec 8AM 1 min

Presidensie werk aan oorgang na nuwe bedeling

Die minister in die presidensie, Christine ǁHoebes, het die ministeriële opdatering vir die jaar by die regering se inligting-deelsessies gegee. ǁHoebes het verskeie projekte uiteengesit wat die ministerie afgesluit het, soos die Groenwaterstof-program sowel as die Staatsrede en die Streeksredes. Tydens die aankondiging het ǁHoebes gesê dat die ministerie besig…
11 Dec 8AM 1 min

Gesmokkel in tronke bereik krisisvlakke

Die DA sê die omvang van smokkelhandel in Suid-Afrikaanse tronke wys dat dié plaag krisisvlakke bereik het. Die afgelope 12 maande het beamptes by korrektiewe sentrums beslag gelê op byna 1 000 kilogram dwelms. Hulle het ook beslag gelê op meer as 41 000 selfone, 11 000 wapens, meer as…
11 Dec 7AM 1 min

NSFAF-aansoeke open vroeg in 2025

Die Namibië Studente Finansiële Bystandsfonds het bevestig dat aansoeke om befondsing aan die begin van 2025 sal oopmaak. Potensiële aansoekers moet verseker dat hulle al die vereiste dokumente voor die tyd gereed het. Om ingelig en op hoogte te bly van enige verwikkelinge, moet belangstellende studente gereeld die NSFAF-webwerf nagaan…
11 Dec 7AM 1 min

Groei in SA se mynbedryf sal louwarm bly

Die FNB-ekonoom Thanda Sithole sê groei in die mynbedryf sal na verwagting voorlopig middelmatig bly weens kleiner aanvraag van buite. Mynproduksie het in Oktober op ʼn jaarbasis met 1,4-persent gegroei ná ʼn opwaartse aanpassing van 4,9-persent in September. Dit is die derde agtereenvolgende maand van groei in mynbedrywighede. Sithole sê…
11 Dec 5AM 1 min