KI moet skoolkurrikulum betree

--:--
Kunsmatige intelligensie en die werkplek is reeds ‘n geruime tyd in die nuus en dit raak amper alle loopbane. Namibië is nie van hierdie nuwe wenteling uitgesluit nie en daar is beroepe dat nie net jongmense nie, maar die hele onderwysstelsel sal moet aanpas by die tegnologie. Eben Basson, Old Mutual se hoof van data en digitale transformasie het meer.
6 Nov 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Hou by toeriste-reëls of word vervolg

Met die vakansieseisoen in volle swang, toon sommige plaaslike en ander toeriste roekelose gedrag op die paaie, bemors openbare ruimtes en raak betrokke by verbode aktiwiteite in nasionale parke. Die omgewing-ministerie veroordeel sulke oortredings ten sterkste en beklemtoon die belangrikheid daarvan om die aantrekkingskrag van Namibië se natuurlike erfenis vir…
5 Dec 11AM 1 min

Snelbouler Boland terug vir Aussies teen Indië

Krieket: Die snelbouler Scott Boland vervang die beseerde Josh Hazlewood in die enigste verandering aan Australië se span vir die tweede toets teen Indië wat môre in Adelaide begin. Hazlewood het 'n sy-besering opgedoen. Die gasheer het die eerste toets in Perth met 295 lopies verloor. Dis Boland se eerste…
5 Dec 11AM 1 min

16 Dae van Aktivisme-dialoog by Franco-Namibiese Kultuursentrum

Regain Trust, met ondersteuning van die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds en EU-befondsing, sal 'n "Intergenerational Dialogue"-geleentheid tydens die 16 Dae van Aktivisme in die Khomas-streek hou. Die geleentheid vind vanaand by die Franco Namibiese Kultuursentrum plaas. Die geleentheid het ten doel om oop, samewerkende voorkomingstrategieë tussen adolessente, jongmense en hul…
5 Dec 10AM 1 min

Stel voorafbetaalde krag oor hele SA in: oud-Eskombaas

ʼn MK-parlementslid, Brian Molefe, stel voor Eskom stel oor die hele Suid-Afrika voorafbetaalde krag in om niebetaling te hanteer. Die elektrisiteitsminister, Kgosientsho Ramokgopa, het verlede maand gesê munisipale skuld het binne drie maande opgeskiet van 78 miljard Suid-Afrikaanse rand in Julie tot 90 miljard rand. Molefe, ʼn voormalige Eskom-hoof, het…
5 Dec 10AM 1 min

Help ons senior burgers met skenkings aan We Care-stigting

Die We Care-stigting bied môreoggend tussen ses- en agt-uur ‘n blikskud fondsinsameling op Windhoek se straathoeke aan. Agra en Kumon Namibia sal op twee punte by die pogings aansluit. Spanne wat soos senior burgers aangetrek is, sal by die kruising by Windhoek Hoërskool en die kruising naaste aan Agra wees…
5 Dec 9AM 1 min