Britte hou Amerikaanse verkiesing fyn dop

--:--
Die Britse gesondheidsminister Wes Streeting sê die regering van die Arbeidersparty het geen standpunt oor die Amerikaanse verkiesings nie maar, beklemtoon dat dit wel belangrik is omdat die VSA een van Brittanje se grootste bondgenote is. Streeting sê hulle sal voortgaan om saam te werk.
5 Nov 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

DA soek opdatering oor Eskom se blatante geldmors

Die DA sê hy het aan die Spesiale Ondersoekeenheid geskryf oor sy ondersoek na die 840 miljoen Suid-Afrikaanse rand Wilge-woonkompleks naby die Kusile-kragstasie in Mpumalanga, wat Eskom agtergelaat en totaal verwaarloos het. Kevin Mileham van die party sê die DA het 'n opdatering gevra oor die vordering met die ondersoek,…
18 Nov 10AM 1 min

Alleengelate 2-jarige dogtertjie sterf in huisbrand

Die polisie in Rehoboth het die dood van 'n tweejarige dogtertjie bevestig nadat die huis waarin sy alleen gelaat is tot op die grond afgebrand het. Volgens die naweek-misdaadverslag het die voorval Vrydagaand by Farm Bankmine Camp plaasgevind. Die kleuter het aan haar beserings beswyk. Die naasbestaandes is in kennis…
18 Nov 9AM 1 min

Verkiesingskommissie benodig jou voertuig

Die Verkiesingskommissie van Namibië nooi lede van die publiek uit om hul voertuie beskikbaar te stel vir gebruik tydens die komende verkiesings wat vir 27 November geskeduleer is. Kwalifiserende voertuie moet padwaardige enkel- of dubbelkajuit 2x4- of 4x4-modelle met bakkiekappe wees en nie ouer as 10 jaar nie. Inspeksies en…
18 Nov 9AM 1 min

Verkiesingskommissie heul met Swapo: Mudge

Die Republikeinse Party is ontevrede met verskeie kwessies wat die Verkiesingskommissie van Namibië aanbetref. Volgens die party begin die probleme met die maatskappy wat die tender gekry het om die stembriewe te druk. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Republikeinse Party se president, Henk Mudge, wat sê die kommissie…
18 Nov 9AM 1 min

Baynes-projek nou reg vir implementering

Die ontwikkeling van die Baynes-hidro-elektriese projek vorder, met myne en energie-minister Tom Alweendo wat die implementeringsooreenkoms met Angola onderteken het. Alweendo het die belangrikheid van die projek uitgelig en die oorsprong daarvan in 1990's uitvoerbaarheidstudies opgemerk. Die Baynes-terrein is gekies vir die laer omgewings- en sosiale impak wat dit sal…
18 Nov 9AM 1 min