Woord vir Vandag - 5 Nov 2024

Loading player...
2024/11/05
"Selfs die hare op julle kop is getel..." Lukas 12:7 NLV
God gee om oor die detail van jou lewe
As jy wil weet hoe onbegryplik groot God is, lees die volgende: ‘Dit was my hand wat die aarde se fondamente gelê het. Met my regterhand het Ek die hemelkoepel gespan…’ (Jesaja 48:13 NLV). Kan so ‘n groot God vir jou daaglikse probleme en ellendes omgee? Ja. ‘Wat kos vyf mossies? ‘n Paar sent? Tog vergeet God nie ‘n enkele een van hulle nie. Selfs die hare op julle kop is getel. Moet dus nie bang wees nie; julle is vir Hom meer werd as ‘n hele swerm mossies’ (Lukas 12:6-7 NLV). God gee vir mossies om – meer as wat jy weet. Hy gee vir hulle kos, voorsien hulle van bome, takkies vir hulle neste en ander mossies om mee te kommunikeer. Hy gee so baie vir hulle om dat Hy ‘n lopende inventaris van hulle hou. Wat van jou? ‘Selfs die hare op julle kop is getel…’ Wanneer jy vir iemand omgee, let jy na detail op. Wat is die eerste ding wat ouers doen wanneer hulle hul nuwe baba se klein vingers en tone vir die eerste keer sien? Hulle tel hulle. As daardie kind een dag by die huis sonder een van daardie tien vingers of tone sou kom, sal die ouers dit dadelik opmerk. Selfs ontoereikende ouers doen dit. Jesus het inderwaarheid gesê: ‘God tel nie net jou vingers en tone nie. Hy het jou so lief dat Hy selfs die hare op jou kop tel. Hy weet hoeveel daar is. Hy weet watter kleur elkeen is.’ Spreuke 16:31 sê vir ons: ‘Grys hare is soos ‘n koning se kroon, ‘n mens kry dit by persone wat reg lewe’ (NLV). Die kruis bewys hoe lief God jou, insluitend die detail van jou lewe, het en hoeveel jy vir Hom beteken.

Sielskos: Jes 42-44; Joh 8:1-20; Ps 96; Spr 28:17-20
4 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min