Swanger vrou in die sop na sy kaal foto's van radio aanbieder deel

--:--
‘n Smetterige bedryf het homself uitgespeel in die Noorde met die 33-jarige Hilia Shikongeni wat gearresteer is na sy kaal foto’s van ‘n bekende en gewilde radio aanbieder gedeel het. Die aanbieder was na bewering in ‘n verhouding met haar man met wie sy vervreem was. Sy is borg van 2 000 Namibiese dollar toegestaan. Owerhede het die publiek weer gewaarsku dat dit ‘n kriminele oortreding is en dat Shikongeni tronkstraf van tot vyfjaar kan kry. Die Oshana-streeksbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
18 Oct 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Netanyahu nog nie klaar met Gaza nie

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die dood van die Hamas-leier, Yahya Sinwar, beteken nie die einde van die oorlog in Gaza nie. Israelse magte het hom in Rafah doodgemaak. Sinwar was glo die baasbrein agter verlede jaar se aanvalle op 7 Oktober in Israel waarin 1 200 mense…
18 Oct 8AM 1 min

LPM eis antwoorde oor Ren-Form se aanstelling

Die LPM eis geskrewe antwoorde binne sewe dae van die Namibiese Verkiesingskommissie oor die aanstelling van Ren-Form om stembriewe vir die verkiesing te verskaf. Die party vra deur sy prokureurs, Weder Kauta en Hoveka, hoekom die openbare bod vir die verskaffing van stembriewe gekanselleer is en op watter gronde Ren-Form…
18 Oct 8AM 1 min

Nudo-faksie vat hande met Swanu

'n Faksie van Nudo, onder leiding van Barry Rukoro het in 'n vyfjaar-vennootskap by Swanu, aangesluit. Dit sal Nudo-lede toelaat om parlement toe te gaan as lede van Swanu. Wendy Christian, sekretaris-generaal van Swanu, het aan plaaslike media gesê dat 60 Nudo-lede Swanu-lidmaatskapkaarte ontvang het. Kosmos 94.1 Nuus het met…
18 Oct 6AM 1 min

Lusikisiki wapens gevind

Die polisie sê hulle het moontlik die hoëkaliber-vuurwapens gevind wat gebruik is in verlede maand se massamoord in Lusikisiki in die Oos-Kaap waarin 18 mense dood is. Dit sluit drie AK47-gewere en 'n Mannlicher-jaggeweer in. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat die vuurwapens in Flagstaff…
18 Oct 6AM 1 min

Tieners, drank, en dwelms onder die loep

NamPol sê hulle gaan op shebeens, cuca-winkels en drankwinkels toeslaan wat alkohol aan minderjarige kinders verkoop. Dit volg op 'n ontstellende voorval in Rundu, waar 'n video wys hoe kinders, sommige net nege jaar oud, in skooldrag by 'n cuca-winkel drink. Die voorval, asook vorige berigte van kinders wat alkohol…
18 Oct 6AM 1 min