Politieke partye 'sal op hoogte gehou word van stembrief-druk'

--:--
Die Verkiesingskommissie het die kansellasie van sy bodproses vir stembriewe vir die verkiesings aangekondig, met verwysing na kommer oor moontlike vertragings in aflewering. Die besluit om te kanselleer strook met die Wet op Openbare Verkryging en het ten doel om verkiesingsintegriteit te beskerm voor die verkiesings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder, wat sê alternatiewe maatreëls sal gevolg word vir die druk van die stembriewe.
7 Oct 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Kiesers soek konkrete planne

Met minder as twee maande oor voor die verkiesings, doen die publiek toenemend 'n beroep op politieke partye om armoede met konkrete planne aan te spreek, veral in landbou-beleggings. Namibië se kwesbaarheid vir stygende voedselpryse, as gevolg van vele behoeftige huishoudings se afhanklikheid van reëngevoede landbou en eksterne markte, vererger…
7 Oct 11PM 1 min

Israel herdenk een jaar onder druk om gevangenes terug te bring

Gedenkgeleenthede is Maandag regoor Israel gehou op die een-jaar herdenking van Hamas se aanval op die land. Een daarvan was by die Nova-musiekfeesterrein, waar 364 mense doodgemaak is. Israeliese president Isaac Herzog het by die geleentheid gesê die area sal herbou word, en eendag gaan kinders weer gelukkig daar speel…
7 Oct 11PM 1 min

Plaaslike minerale-verwerking ‘sal effek van minder uitvoere oorskry’

Die regering het 'n beleid ingestel wat daarop gemik is om plaaslike werkskepping en waardetoevoeging binne die land te bevorder deur die uitvoer van rou minerale te beperk. Terwyl die langtermyndoelwit van die beleid is om ekonomiese groei te stimuleer en meer voordele binne Namibië te behou, het dit tot…
7 Oct 12PM 1 min

Nog ‘n massaskietery in Oos-Kaap, 6 sterf in Qumbu

Die Oos-Kaapse polisie is besig met 'n soektog ná 'n moord Sondagaand op ses mense in Godini naby Qumbu. Vier mense is gewond. Die slagoffers was volgens berigte lede van die gemeenskapspolisieforum. Die tragedie volg net meer as 'n week nadat 18 mense in Lusikisiki afgemaai is. Polisiewoordvoerder Majola Nkhohli…
7 Oct 12PM 1 min

Wanvoeding in Hardap-, Karas-streke onder die loep

Die parlementêre Staande Komitee oor Geslagsgelykheid, Maatskaplike Ontwikkeling en Gesinsaangeleenthede het begin met konsultasievergaderings in die Hardap- en Karas-streke oor die plaaslike wanvoedingstatus. Die weeklange konsultasie-toer sal na die distrikshospitale en klinieke wees. Vertroudmakingsbesoeke sal ook aan staatshospitale gebring word. Die vergaderings het vandag met die goewerneur van die Karas-streek…
7 Oct 11AM 1 min