MK veroordeel Israel se beplande grondinval in Libanon

--:--
Die MK-party het enige vorm van grondinval deur Israel in Libanon veroordeel. Meer as 50 mense is dood in die aanvalle, twee dae na Israel se sluipmoord op die Hisbolla-leier Hassan Nasrallah in Beiroet. Die lugaanvalle het dalk reeds soveel as ‘n miljoen mense reg oor Libanon uit hulle huise verdryf. Wesley Douglas van die MK-party sê Israel se aggressiewe optrede is 'n gevaarlike eskalasie wat die hele wêreld in wydverspreide konflik kan dompel:
30 Sep 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

6 Soweto-kinders dood van organofosfaat-chemikalie Terbufos

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het aangekondig 'n toksikologieverslag het bevestig 'n organofosfaat-chemikalie, Terbufos, het die dood van ses kinders in Naledi, Soweto, veroorsaak. Die leerders het vroeër die maand siek geword nadat hulle versnaperings geëet het wat by 'n plaaslike spaza-winkel gekoop is. Motsoaledi sê lykskouings-monsters het bevestig…
28 Oct 8AM 1 min

Katima vra al vir 8 jaar hulp met rioolstelsel, kry niks

Katima Mulilo staar 'n kritieke probleem in die gesig met sy verouderde rioolstelsel, wat in 1989 gebou is vir 'n bevolking van 8 000, maar nou 46 000 inwoners bedien. Die verouderde en lekkende pype het ondergrondse waterbesoedeling veroorsaak, met gebiede soos Boma en Newlook wat gereelde rioolstortings ervaar. As…
28 Oct 8AM 1 min

Engen-vulstasies - kommissie hou dinge dop

Sedert die goedkeuring, met voorwaardes van die aankoop van Engen deur Vitol Emerald Bidco, deur die Namibiese Mededingingskommissie, het dinge stil geword. Daar is in Junie aangekondig die maatskappy sal van 58 Engen- en Shell-diensstasies in Namibië ontslae raak om billike mededinging te verseker ná sy Engen-verkryging. Vitol bedryf sake…
28 Oct 7AM 1 min

ANC sal styging in kragtariewe teenstaan

Die ANC het sy teenkanting teen enige verhoging in kragtariewe uitgespreek. Die voorsitter van die Ekonomiese Transformasiekomitee, Mmamaloko Kubayi, het tydens 'n media inligtingsessie by die ANC Nasionale Uitvoerende Komitee se vergadering in Boksburg benadruk dat krag bekostigbaar moet bly. Sy het die party se verbintenis tot die beskerming van…
28 Oct 7AM 1 min

Twee transito-rooftogte, een in Windhoek, een in Swakopmund, op dieselfde tyd

Daar is twee transito-rooftogte aangemeld. In die eerste geval is ‘n transito-wa by Platz Am Meer op Swakopmund beroof. Volgens wat berig word het die voertuig kontant opgetel. ‘n Skietgeveg het uitgebreek en ‘n sekuriteitswag is doodgeskiet met ‘n ander een beseer. Dit is nie bekend hoeveel rowers daar was…
28 Oct 6AM 1 min