Engen-vulstasies - kommissie hou dinge dop

--:--
Sedert die goedkeuring, met voorwaardes van die aankoop van Engen deur Vitol Emerald Bidco, deur die Namibiese Mededingingskommissie, het dinge stil geword. Daar is in Junie aangekondig die maatskappy sal van 58 Engen- en Shell-diensstasies in Namibië ontslae raak om billike mededinging te verseker ná sy Engen-verkryging. Vitol bedryf sake as Vivo Energy in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het die jongste by Dina Gowases van die kommissie gekry.
28 Oct 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Lekkers of kos vir seks - waar is die ouers?

‘n 28-jarige man is by Ontunda in die Oshikoto-streek gearresteer vir die herhaalde verkragting van ‘n 14-jarige meisie. Hy het haar glo herhaaldelik in ‘n lokval gelei deur haar lekkers, koekies en geld van tussen 5 en 7 dollar aan te bied. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met voormalige ombudsman…
28 Oct 10AM 1 min

Ek's gesond: Nandi-Ndaitwah

Dit gons nog steeds oor die ineenstorting van visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah by ‘n saamtrek op Otjiwarongo. Nandi-Ndaitwah word môre 72 jaar oud en was by vele saamtrekke die afgelope tyd. By 'n gesprek in die hoofstad van die Swapo-manifes het die visepresident die gehoor toegespreek en sê sy voel goed.
28 Oct 9AM 1 min

Swapo-regime hou werkloosheidsyfer terug, sê Amupanda

Job Amupanda, leier van die Regstellende Herposisionering-beweging, het ernstige aantygings teen die regerende party gemaak. Hy beweer dat terwyl die Arbeidsmagopname voltooi is, wat hy die korrupte Swapo-regime noem, die Namibië Statistieke Agentskap opdrag gegee het om nie die werkloosheidsyfers bekend te maak nie. Volgens Amupanda is die agentskap ook…
28 Oct 9AM 1 min

Niks kan meer belangrik wees as begroting: ontleder

Shiimi het vroeër met die nasionale uitsaaier gepraat oor die beplanning vir die uiters belangrike begroting. Daar is onder andere sowat 482 miljoen Namibiese dollar kort in droogtehulp wat aangespreek moet word. Shiimi sê verskeie ander prioriteite het ook na vore getree. 
28 Oct 9AM 1 min

Niks kan meer belangrik wees as begroting: ontleder

Vele parlementslede het nie opgedaag vir een van die belangrikste sittings van die Nasionale Vergadering nie. Die geskokte finansminister Ipumbu Shiimi sal noodwendig nou môre eers sy middeltermyn begroting ter tafel kan lê, want daar was nie 'n kworum nie. Die politieke ontleder dr. Marius Kudumo reageer.
28 Oct 9AM 1 min