Voedseltekorte: Dit handel nie oor skaarste nie

--:--
Daar word beweer dat Namibië se voedselonsekerheid nie in skaarste lê nie, maar in die bekostigbaarheid van kos, wat 'n kommoditeit geword het. Sommige organisasies bepleit 'n terugkeer na tradisionele praktyke soos agterplaas-groentetuine, en die bevordering van gesinsgebaseerde, kleinskaalse boerdery, tuisverwerking en plaaslike handel. Hulle stel voor dat openbare fondse gebruik word om mense op te lei om selfonderhoudendheid te bereik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, direkteur van die Voedings- en Voedselsekerheid-alliansie van Namibië, oor die haalbaarheid hiervan.
22 Jul 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Ouers moet meer betrokke wees in onderwys, sê Junior Nasionale Raad

Die derde sitting van die Junior Nasionale Raad is hervat en sal tot Donderdag voortduur. Die junior raad bied 'n platform vir jong leiers om sleutelkwessies soos onderwys, tegnologie en opkomende nywerhede te debatteer, leierskapsvaardighede te bevorder en hulle voor te berei vir toekomstige bestuursrolle. Die eerste debat was oor…
10 Sep 12PM 1 min

Vrystaat-munisipaliteite verbeur R3,8 miljard se toelaes

Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat sê munisipaliteite het die afgelope agt boekjare altesaam 3,8-miljard Suid-Afrikaanse rand se voorwaardelike toelaes verbeur. Die fondse wat vir infrastruktuur-probleme bedoel was, is aan Nasionale Tesourie teruggegee. ʼn Woordvoerder van die party, Armand Cloete, sê dit is terwyl riool deur die strate vloei, waterlekkasies…
10 Sep 12PM 1 min

Mbumba onderstreep nuwe ambassadeurs se pligte

Internasionale betrekkinge-minister Peya Mushelenga het nuwe ambasadeurs ingesweer by 'n seremonie by Staatshuis. Hulle is Selma Nghinamundova, Namibië se nuwe ambasadeur na Brasilië, Elizabeth Kakukuru wat na Botswana gaan en Richard Stanley Tsandib wat in Senegal diens sal doen. President Nangolo Mbumba het by die seremonie gepraat.
10 Sep 11AM 1 min

Staak vertragings in listeriose-saak: ATM

Die African Transformation Movement is verontwaardig oor die gebrek aan aanspreeklikheid en geregtigheid vir die slagoffers van die listeriose-uitbreking. Tiger Brands se Enterprise Foods-fabriek in Polokwane is in 2018 geïdentifiseer as die bron van die uitbreking wat tussen 2017 en '18 218 lewens geëis het. Ses jaar later moet die…
10 Sep 11AM 1 min

So moet dokters maak met Alzheimer-pasiënte

Wêreld-Alzheimer-maand word elke September gevier, met Wêreld-Alzheimer-dag op 21 September elke jaar. Dit dien as 'n wêreldwye platform om bewustheid oor demensie te verhoog en diegene wat deur die siekte geraak word, te ondersteun. Alzheimer’s Dementia Namibia het sy aktiwiteite in weeklikse segmente georganiseer, wat fokus op kwessies waarvan baie…
10 Sep 10AM 1 min