Ouers moet meer betrokke wees in onderwys, sê Junior Nasionale Raad

--:--
Die derde sitting van die Junior Nasionale Raad is hervat en sal tot Donderdag voortduur. Die junior raad bied 'n platform vir jong leiers om sleutelkwessies soos onderwys, tegnologie en opkomende nywerhede te debatteer, leierskapsvaardighede te bevorder en hulle voor te berei vir toekomstige bestuursrolle. Die eerste debat was oor die kollektiewe verantwoordelikheid van leerders, ouers en onderwysers in die onderwysstelsel. Juliah Tsowases, die hoofsweep van die Erongo-streek, beklemtoon dat ouers meer betrokke moet wees, veral deur skoolvergaderings by te woon.
10 Sep 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

AA verwag nog 'n brandstofprys-verlaging in SA

Die Automobiel-Assosiasie verwag volgende maand ʼn aansienlike verlaging in die brandstofprys, gebaseer op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds. Petrol, diesel en lampolie sal daal met die prys van petrol wat met een-rand-26-sent per liter kan daal. Woordvoerder Eleanor Mavimbela skryf dit toe aan laer internasionale produkpryse en die sterk…
17 Sep 8AM 1 min

Lüderitz maak plan met aan-af elektrisiteit

Lüderitz is onder toenemende druk oor betroubare energievoorsiening. Plaaslike media berig dat inwoners en besighede oor gereelde kragonderbrekings kla. Die krag-onderbrekings lê sake-bedrywe en produksie in fabrieke lam. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Phil Balhao, die burgemeester van Lüderitz, oor hul planne om die netwerk te stabiliseer.
17 Sep 8AM 1 min

Ramaphosa het verskeie opsies met NVG

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê president Cyril Ramaphosa se oproep vir voorstelle om oplossings te vind vir die besware teen die Nasionale Gesondheidsversekering moet aangegryp word. Die president het die NGV vóór die verkiesing in Mei onderteken, hoewel dit is nog nie gepromulgeer en in werking gestel is nie. Makone…
17 Sep 6AM 1 min

KI is belangrike bron vir sakewêreld

Namate KI-tegnologie aanhou vorder, sal die impak daarvan op die sakewêreld net groter word. Besighede wat KI omhels, sal goed geposisioneer wees om in die mededingende landskap van die toekoms te floreer. Deur take te outomatiseer, data te ontleed en insigte te verskaf, kan KI doeltreffendheid, produktiwiteit en besluitneming aansienlik…
17 Sep 6AM 1 min

IUM se Namwandi praat oor politiek en kampusse

Unam se verbod op politieke aktiwiteite op kampus het sedert Vrydag amok veroorsaak. Eers is 'n geleentheid van die Unam Politieke Wetenskap-vereniging deur sekuriteit stopgesit, glo omdat die PDM-parlementslid Inna Hengari 'n spreker sou wees. Daarna is die Swapo-jeugliga se Unam-tak toegelaat om met verkiesingsverwante aktiwiteite voort te gaan. Beide…
17 Sep 6AM 1 min