Euro 2024: Engeland dring deur na kwarteindronde

--:--
Engeland en Spanje is deur na die kwarteindronde van die Europese Kampioenskap in Duitsland. In die laaste 16 het Jude Bellingham en Harry Kane se doele Engeland ʼn twee-een-sege in ekstra oor Slowakye besorg. Gareth Southgate se span kom Saterdag in die kwarteindstryd teen Switserland te staan. Intussen het Spanje met vier-een die span van Georgië afgeransel en hul kragmeting teen die gashere van Duitsland bespreek. Southgate het die span se geestesgesteldheid geloof:
1 Jul 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Vulstasie-eienaars bly oor die verhoging in bedryfsmarge

Die ministerie van myne en energie het verlede week laer brandstofpryse aangekondig, asook om die bedryfsmarge met 23 sent tot 189 sent per liter te verhoog. Die handelaarsmarge vir vulstasie-operateurs styg met 9 sent per liter tot 192 sent per liter. Reaksie is ontvang van die Fuel and Franchise Assocation,…
3 Jul 5AM 1 min

Nampol sê oor man op hoëspanning kraglyn

Die Namibiese polisie sê die liggaam van ‘n man is vanoggend ontdek waar hy aan ’n hoëspanningstaal elektriese lyn in Windhoek se Mahatma Gandhistraat tussen Khomasdal en Katutura. Inspekteur Silas Shipandeni van die Khomas-polisie het meer.
3 Jul 5AM 1 min

Tories sleep vir Boris nader in laaste poging om stemme te werf

Brittanje stem môre in sy algemene verkiesing met alle peilings wat toon dat die Arbeidersparty ‘n reuse oorwinning sal behaal na 14 jaar van Tory-beheer. Die Tories het oudpremier Boris Johnson ingeroep in ‘n laaste poging om stemme te werf.
3 Jul 5AM 1 min

Gauteng wetgewer sit vas - DA en ANC baklei steeds

Die DA sê hy kon nie daarin geslaag om 'n ooreenkoms met die ANC in Gauteng te bereik nie. Premier Panyaza Lesufi sou Maandagaand sy nuwe kabinet aankondig, maar dit is uitgestel weens onderhandelinge oor posisies tussen die ANC en die DA wat 'n dooiepunt bereik het. Die DA se…
3 Jul 4AM 1 min

Wimbledon se vrouekampioen in eerste ronde uit

Wimbledon se verdedigende vroue-kampioen, Marketa Vondrousova, sê sy het gesukkel om haar senuwees te kalmeer toe sy in die eerste ronde uitgeskakel is. Die wêreld se nommer 83, Jessica Bouzas Maneiro van Spanje, het die 25-jarige Tsjeg 6-4, 6-2 verslaan vir haar eerste Grand Slam-oorwinning. Dis die eerste keer sedert…
3 Jul 4AM 1 min