Watervoorsiening in Ohangwena kry aandag

--:--
Watervoorsiening kry ongekende aandag, veral in gebiede waar infrastruktuur ouer is en bevolkingsgroei aangeteken is. Die lynminister, Calle Schlettwein het oor die naweek die nuwe Ohangwena watervoorsiening-skema, ter waarde van 250 miljoen Namibiese dollar bekend gestel. Meer as 200 kilometer se pyplyn sal geïnstalleer word, reservoirs en boorgate sal ontwikkel word en watertorings word gebou.
1 Jul 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Tories sleep vir Boris nader in laaste poging om stemme te werf

Brittanje stem môre in sy algemene verkiesing met alle peilings wat toon dat die Arbeidersparty ‘n reuse oorwinning sal behaal na 14 jaar van Tory-beheer. Die Tories het oudpremier Boris Johnson ingeroep in ‘n laaste poging om stemme te werf.
3 Jul 5AM 1 min

Gauteng wetgewer sit vas - DA en ANC baklei steeds

Die DA sê hy kon nie daarin geslaag om 'n ooreenkoms met die ANC in Gauteng te bereik nie. Premier Panyaza Lesufi sou Maandagaand sy nuwe kabinet aankondig, maar dit is uitgestel weens onderhandelinge oor posisies tussen die ANC en die DA wat 'n dooiepunt bereik het. Die DA se…
3 Jul 4AM 1 min

Wimbledon se vrouekampioen in eerste ronde uit

Wimbledon se verdedigende vroue-kampioen, Marketa Vondrousova, sê sy het gesukkel om haar senuwees te kalmeer toe sy in die eerste ronde uitgeskakel is. Die wêreld se nommer 83, Jessica Bouzas Maneiro van Spanje, het die 25-jarige Tsjeg 6-4, 6-2 verslaan vir haar eerste Grand Slam-oorwinning. Dis die eerste keer sedert…
3 Jul 4AM 1 min

Veldtog vir toeriste om ook water te bespaar

Die toerisme ministerie het saam met die Namibië Reis- en Toerismeforum 'n inisiatief geloods wat reisigers en verblyf-verskaffers aanmoedig om water te bespaar. Twee nuwe plakkate is ontwerp met noodsaaklike wenke oor hoe om dit te doen en volhoubare toerisme te ondersteun. Verblyf-instansies word voorsien van praktiese waterbesparingstegnieke. Reisigers kan…
3 Jul 3AM 1 min

Groot sukses in SA met ontvoerings deur SAPD behaal

‘n Multidissiplinêre span onder aanvoering van die SAPD se teen-ontvoeringtaakspan het 12 sakepersone en ses studente gered wat die laaste ses maande vir ‘n losprys ontvoer is. Die jongste slagoffer is ‘n 49-jarige Portugese sakeman wat Maandag in Snake Park, Soweto, gered is. Die woordvoerder van die SAPD, Athlenda Mathe,…
3 Jul 3AM 1 min