Withuis beskryf varsity-protesaksies as anti-Semitisme

--:--
Die Withuis sê anti-Semitisme het geen plek in Amerika nie. Pro-Palestynse studente betoog toenemend op universiteitskampusse. Columbia-universiteit het begin om studente wat hierby betrokke is, te skors nadat hulle ʼn spertyd om uiteen te gaan geïgnoreer het. Die universiteit is die middelpunt van ʼn vlaag kampus-betogings in Amerika teen die oorlog tussen Israel en Palestyne in Gaza. Volgens berigte is meer as 34 000 Palestyne dood. Die Withuis se perssekretaris, Karine Jean-Pierre, beskryf die betoging as ʼn pynlike oomblik:
30 Apr 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Regshulpsentrum besoek kus vir gratis regsadvies

Die Regshulpsentrum verskaf môre-oggend vanaf 11-uur gratis regsadvies en publikasies by die Swakopmund-museum. Hulle sal op 22 Mei van 9-uur die oggend tot 2-uur by die Dunes Mall in Walvisbaai wees. Die gratis regsadvies sal fokus op kwessies soos testamente en boedels, gesinsgeweld, egskeiding, arbeidsaangeleenthede en ander regsaangeleenthede. Gegewe die…
20 May 12PM 1 min

SA boere moenie diere sonder gesondheidsklaring toelaat nie

Die departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling in Suid-Afrika, raai boere aan om nie diere op hul grond toe te laat sonder veeartsenykundige gesondheidsklarings by diere se oorsprong nie. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die virus wat die uitbreking van bek-en-klouseer op 'n plaas in Humansdorp in…
20 May 12PM 1 min

Gebruik grond doeltreffend vir meer kos, minder gasse: ekoloog

Die wêreldwye voedselverbouingstelsel bied 'n reuse geleentheid om byna 'n derde van die wêreld se kweekhuisgas-uitlatings te verminder deur bekostigbare en geredelik beskikbare optredes. Volgens 'n nuwe Wêreldbank-verslag is die voedselverbouingstelsel 'n onontginde bron van lae-koste moontlikhede teen klimaatsverandering. Die Wêreldbank sê deur net eenvoudig die manier te verander waarop…
20 May 11AM 1 min

DA dien klagte in teen NGV-skema

Die DA het 'n klagte by die Staatsdienskommissie ingedien teen die pas-ondertekende Nasionale Gesondheidsversekeringskema. Die party se woordvoerder oor die Staatsdiens en Administrasie, Leon Schreiber, betoog die NGV onteien mediese fondsbydraes sonder vergoeding en bedreig staatsdiensdoeltreffendheid en arbeidsverhoudinge. Hy beweer die stap saai paniek onder lede van die mediese fonds…
20 May 11AM 1 min

Dis Wêreld-byedag - en die koningin kraai koning

Vandag is Wêreld-byedag, wat jaarliks op 20 Mei gevier word. Bye en ander bestuiwers is noodsaaklik vir die gesondheid van ekosisteme en voedselsekuriteit. Hulle help om biodiversiteit te handhaaf en verseker die produksie van voedsame kos. Die dag se doel is om bewustheid te kweek oor die belangrikheid van bestuiwers,…
20 May 10AM 1 min