Waterbesparings kom nie uit die blokke nie

--:--
Die inwoners van Windhoek het in die afgelope week weer die waterbesparing teiken oorskry, hierdie keer met 18 persent. Nes alle ander dorpe in die land staar die stad waterbeperkings in die gesig weens die lae vlakke van die damme, maar hoor is min. Die stad is tans op kategorie C waterskaarste, maar as die waterkwessie vererger, sal die kategorie verhoog word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lydia Amutenya, die Stad se woordvoerder, wat verduidelik wat dan sal gebeur.
17 Apr 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Blinken optimisties vir ooreenkoms in Kaïro

Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het Hamas versoek om spoedig die jongste voorstel oor 'n skietstaking te aanvaar. Die voorstel sluit in 'n skietstaking van 40 dae in ruil vir die vrylating van gyselaars, en dat ontwortelde families na die noorde van Gaza kan terugkeer. Onderhandelaars van…
30 Apr 4AM 1 min

Skenk komberse vir haweloses die winter

Die winter is om die draai en die AB-stigting sal sy jaarlikse Mega Winter Blanket Drive ten bate van behoeftiges aanbied. Verskillende groepe in Windhoek, onder andere die straatkinders, gaan skenkings kry. Die AB-stigting is op soek na skenkings van swaar komberse en warm klere. Kosmos 94.1 nuus het met…
30 Apr 4AM 1 min

SA, Botswana vat hande om medisyne te beveilig

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte en die Medisyne-reguleringsowerheid van Botswana werk saam om medisyne te evalueer, goedkeuringsprosesse te vergemaklik, en nadelige reaksies na bemarking te monitor. Hulle het 'n verstandhoudingsooreenkoms onderteken om die regulering van plaaslike medisyne te verbeter. Hierdie vennootskap moet toegang tot nuwe medisyne verbeter, nagemaakte produkte beheer…
30 Apr 3AM 1 min

Withuis beskryf varsity-protesaksies as anti-Semitisme

Die Withuis sê anti-Semitisme het geen plek in Amerika nie. Pro-Palestynse studente betoog toenemend op universiteitskampusse. Columbia-universiteit het begin om studente wat hierby betrokke is, te skors nadat hulle ʼn spertyd om uiteen te gaan geïgnoreer het. Die universiteit is die middelpunt van ʼn vlaag kampus-betogings in Amerika teen die…
30 Apr 3AM 1 min

Koen tevrede met sy Bo-vrouespan

Ervare Springbok-vrouespelers Nomawethu Mabenge, Lusanda Dumke en Sizophila Solontsi is ingesluit in die nasionale groep vir die Rugby Afrika-vrouebeker volgende maand in Madagaskar. Kwalifikasie vir die 2025 Rugby Wêreldbeker in Engeland is op die spel. Die hoofafrigter, Louis Koen, het 'n groep van 28 spelers aangewys om na Antananarivo te…
30 Apr 2AM 1 min