Unam sê oor 'waardelose' Honneurs-sielkunde grade

--:--
'n Herrie het aanlyn losgebars nadat 'n kliniese sielkunde-student met 'n Honneurs-graad van die Universiteit van Namibië gesê het haar graad is byna waardeloos, want die kurrikulum vir sielkunde by Unam is nie geregistreer by die Gesondheids-praktisynraad van Namibië nie. Unam het wel aan Kosmos 94.1 Nuus beken dat industriële sielkunde nie geregistreer is as 'n beroep by die raad nie, en dat dit al vir jare die geval is. Dit is wel by die Namibië Kwalifikasie-owerheid geregistreer as 'n graad. Professor Cilas Wilders, die mede-dekaan van Unam se skool vir geallieerde gesondheidswetenskappe, is aan die woord.
16 Apr 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Dingaan Thobela was 'baken van hoop, inspirasie'

Die “Rose of Soweto”, Dingaan Thobela, is oorlede. Die DA sê hy was meer as 'n bokskampioen, en was 'n baken van hoop en inspirasie vir talle Suid-Afrikaners. Hy is afkomstig van Chiawelo, Soweto, en het deur blote vasberadenheid en ongeëwenaarde vaardigheid gesogtheid bereik en die harte van die nasie…
30 Apr 11AM 1 min

Omusati-streek sukkel weens droogte

Adjunk-premier John Mutorwa het onlangs die Kavango-Oos-streek besoek te midde van kommer oor die verspreiding van droogtehulpkos. Meer as 44 000 mense in die streek word deur die droogte geraak. Kavango-Oos het in Oktober verlede jaar sy eerste besending droogtehulpkos ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Erginus Endjala, die…
30 Apr 11AM 1 min

Dingaan Thobela was 'baken van hoop, inspirasie'

Die “Rose of Soweto”, Dingaan Thobela, is oorlede. Die DA sê hy was meer as 'n bokskampioen, en was 'n baken van hoop en inspirasie vir talle Suid-Afrikaners. Hy is afkomstig van Chiawelo, Soweto, en het deur blote vasberadenheid en ongeëwenaarde vaardigheid gesogtheid bereik en die harte van die nasie…
30 Apr 11AM 1 min

Ontwikkel toerismebestemmings, maar betrek gemeenskappe

Namibië se toerismebedryf staar 'n dringende behoefte in die gesig om nuwe toeristebestemmings te ontwikkel, aangesien bestaande fasiliteite maksimum kapasiteit bereik. Martin Webb-Bowen, voorsitter van die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings, beklemtoon die belangrikheid om alternatiewe opsies te ondersoek, insluitend die ontwikkeling van tans ontoeganklike gebiede binne nasionale parke en onderbenutte…
30 Apr 11AM 1 min