Dingaan Thobela was 'baken van hoop, inspirasie'

--:--
Die “Rose of Soweto”, Dingaan Thobela, is oorlede. Die DA sê hy was meer as 'n bokskampioen, en was 'n baken van hoop en inspirasie vir talle Suid-Afrikaners. Hy is afkomstig van Chiawelo, Soweto, en het deur blote vasberadenheid en ongeëwenaarde vaardigheid gesogtheid bereik en die harte van die nasie verower. Die DA-lid, Veronica van Dyk, sê sy merkwaardige loopbaan het hom drie wêreldtitels oor twee gewigsafdelings besorg, wat sy naam in die boksgeskiedenis-rekords geëts het.
30 Apr 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Cosatu verwelkom hofuitspraak oor Zuma

Cosatu het die Konstitusionele Hof se beslissing verwelkom dat oudpresident Jacob Zuma nie tot die Nasionale Vergadering verkiesbaar is nie. Die Verkiesingskommissie het Zuma as kandidaat gediskwalifiseer weens sy vonnis van 15 maande vir minagting van die hof in 2021. Die MK-party het hom op hul kandidatelys ingesluit. Matthew Parks…
21 May 3AM 1 min

Israel doen alles om burgerlikes te beskerm - Biden

Die Amerikaanse president Joe Biden beskryf die aanklaer van die Wêreldhof se aansoek vir lasbriewe om Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, en sy minister van Verdediging in hegtenis te neem, as verregaande. Dié hof se hoofaanklaer, Karim Khan, soek ook lasbriewe om drie Hamas-leiers te arresteer. Dit is vir…
21 May 3AM 1 min

Gwede vertraag mynlisensie-regulering

Die DA beweer die minister van Minerale Bronne en Energie Gwede Mantashe het nie 'n diensvlakooreenkoms onderteken met gekose maatskappye vir 'n nuwe myn-kadastrale stelsel nie, ondanks beloftes by die mynindaba in Februarie. Volgens die party dui 'n verslag deur die Fraser-instituut aan Suid-Afrika bly onaantreklik vir mynboubelegging. Die party…
21 May 2AM 1 min

Swapo onthul N$5m se streekskantoor op Mariental

Swapo het sy Hardap-streekkantore in Mariental, wat meer as 5 miljoen Namibiese dollar gekos het, ingewy. Die nuwe gebou sal nie net die party se streekpersoneel huisves nie, maar ook sy jeugliga, ouderlingeraad en vroueraad. Martin Inkumbi, die voorsitter van Kalahari Holdings, die Swapo-maatskappy, het by die geleentheid gepraat en…
21 May 2AM 1 min

ICC-aansoek is absurd - Bibi

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het die aansoek vir sy inhegtenisneming as ʼn absurde en vals bevel verwerp. Die Internasionale Strafhof se hoofaanklaer, Karim Khan, vra dat lasbriewe uitgereik word vir Netanyahu en sy minister van Verdediging, Yoav Gallant, vir aksies in Gaza. Hy vra ook dat drie Hamas-leiers…
21 May 1AM 1 min