Wonder jy nog oor vuurwapeneienaarskap?

--:--
Maroela Media het in ons ateljee met JC Lamprecht en Heinke Hartdegen van die opleidingsentrum Bravo Tactical Africa oor verantwoordelike vuurwapenbesit gesels. Ian Cameron, ʼn gemeenskapsveiligheidsaktivis en direkteur van Firearms Guardian, het ook verduidelik waarom hy dink ʼn soort leefstylaanpassing is nodig as dit by die besit van vuurwapens kom en waarom hy meen ʼn gemeenskap wat opgelei is om vuurwapens wettig te hanteer ʼn werklike verskil kan maak in ʼn land soos Suid-Afrika wat stoei met hoë misdaadsyfers.
11 Mar Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Vyf minute finansies: Almal baat by beplanning

Maroela Media het hande gevat met Paul Roux van FinMeUp, ʼn groep kenners in finansiële beplanning en opvoeding, vir ʼn opwindende nuwe podsendingreeks wat geldsake vir Jan Alleman verteerbaar maak. In die eerste aflewering vertel Paul meer oor sy liefde vir finansies en sy loopbaanreis na FinMeUp. Hy verduidelik ook…
3 May 6 min

Gehalteleierskap kan verpleging na ’n volgende vlak neem

Maroela Media het met prof. Siedine Coetzee van die NWU gesels oor die werk wat haar navorsingsleerstoel doen om verpleegpersoneel te bemagtig. Coetzee het reeds talle artikels in die veld van verpleegkunde op nasionale en internasionale vlak gepubliseer en is nou besig om ʼn leierskapsinstituut vir verpleegkundiges te vestig.
29 Apr 15 min