Freeth op sy perd na Windhoek

--:--
Zimbabwiër Ben Freeth is op pad na Windhoek te perd om geregtigheid te kry vir sy Mt. Carmel plaas wat afgevat is tydens Robert Mugabe se mislukte grondhervormingsplan van 2000. Die SADC-tribunaal het hom in 2008 die reg gegee om sy grond terug te kry maar, Mugabe, destyds die hoof, het toe die tribunaal ontbind. Freeth sal na verwagting op 18 Maart in Windhoek aankom maar het ‘n boodskap gestuur aan sy ondersteuners.
2 Mar 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Water uit Neckartal-dam vrygelaat

Die weeklikse dam bulletin deur Namwater het aangedui dat meer as 4,3 miljoen kubieke meter water verlede week uit die Neckartal-dam vrygelaat is. Die dam is tans 83 persent vol. Keetmanshoop landelike kiesafdeling raadslid Willem Labuschagne sê daar is waarskynlik 'n versoek deur boere stroom-af van die dam en Namibia…
17 Apr 11AM 1 min

Gesondheidsdepartement waarsku ouers oor hemofilie-tekens

Die Gautengse Departement van Gesondheid het op Wêreld-hemofiliedag ouers aangeraai om op te let vir vroeë tekens van hemofilie by kinders. Khutso Rabothata van die departement beklemtoon die belangrikheid daarvan om die simptome van hierdie oorerflike siekte te herken. Die departement poog om tydige diagnose en behandeling te verseker met…
17 Apr 11AM 1 min

Arsenal veg om halfeindstryd van Kampioeneliga te bereik

Sokker: Manchester City verwelkom Real Madrid vanaand vir die tweede ronde van hulle Kampioeneliga-kwarteindstryd, nadat die eerste ronde met sy hoë tellings op drie-elk geëindig het. Bayern Munich ontvang Arsenal in Duitsland vir die afhandelingsronde, met die stand op twee-elk. Die bestuurder van Arsenal, Mikel Arteta, sê hulle veg om…
17 Apr 11AM 1 min

Christine Mboma reg vir Kip Keino Classic!

Namibië se ster-atleet, Christine Mboma, is op pad na Kenia waar sy by die Kip Keino Classic-byeenkoms in Nairobi gaan deelneem. Dit sal haar eerste verskyning op die atletiekbaan wees nadat sy behandeling vir verhoogde testosteroonvlakke ondergaan het. Sy het op 5 April by Wêreldatletiek toestemming gekry om aan amptelike…
17 Apr 10AM 1 min

Bekende Marshal Ranger Naude gooi handdoek in

Die Namibian Marshal Rangers se Sean Naude, wat bekend is vir sy vrywillige reddingsdienste oral in Namibië met die noodambulansdiens, het handdoek ingegooi. Naude het die aankondiging op sy sosiale media platform gemaak en gesê ná 27 jaar van eie koste en moeite is hy klaar. Hy verkoop al sy…
17 Apr 10AM 1 min