Raad van Kerke vier Wêreldbiddag vir Vroue

--:--
Die Raad van Kerke in Namibië vier die Wêreldbiddag vir Vroue môre op Saterdag, 2 Maart. Christen-vroue, -mans en -kinders van baie tradisies kom elke jaar bymekaar om 'n gemeenskaplike dag van gebed op die eerste Vrydag van Maart te vier. Alle denominasies word genooi om deel te neem om 2-uur môre by die Rooms-Katolieke Gemeentesaal by die Katedraal in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Devinia Bezuidenhout, lid van die Raad van Kerke, wat sê die tema vanjaar is Palestina.
1 Mar 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Antimikrobiese weerstand - hoor wat sê kenner

Die landbou-ministerie het sy derde agtereenvolgende nasionale vergadering van belanghebbendes oor antimikrobiese weerstand gehou, in samewerking met die Friedrich-Loeffler-Instituut. Die ministeries van gesondheid asook omgewing was ook betrokke. Die vergadering en werkswinkel was gesentreer rondom kollektiewe pogings om bewustheid oor antimikrobiese weerstand te skep. Dr. Lee-Monique Anderson, die hoof van…
22 Apr 12PM 1 min

Doodsregistrasie van 42 bus-ongeluk slagoffers gaan begin

Die Gesondheidsdepartement in Limpopo het planne aangekondig om te begin met die doodsregistrasie van die geïdentifiseerde oorskot van 42 mense wat in die Paasnaweek-busongeluk dood is. Dit is deel van die proses voor die repatriasie van liggame na hulle families in Botswana. Die ongeluk op die R518 Mmamatlakala-pad naby Mokopane…
22 Apr 12PM 1 min

Namibië erken vir vordering in MIV-stryd

Alhoewel MIV steeds beduidend voorkom onder vroue van reproduktiewe ouderdom, het Namibië groot vordering gemaak in sy stryd teen MIV. Die land sal volgende maand amptelike erkenning ontvang vir sy Wêreld Gesondheid Organisasie sertifisering vir die uitskakeling van moeder-na-kind oordrag van MIV en Hepatitis B. Kosmos 94.1 Nuus het gesels…
22 Apr 11AM 1 min

BOSA daag Julius Malema uit

Build One South Africa het die EFF-leier, Julius Malema, uitgedaag om hul 140 000 handtekeninge van ondersteuning wat by die Verkiesingskommissie ingedien is, na te gaan, na aanleiding van Malema se skeptisisme. Hulle beskuldig Malema daarvan dat hy hul geldigheid sonder bewyse bevraagteken. Die party doen 'n beroep op Malema…
22 Apr 11AM 1 min

Wanderers, United takel mekaar in 69ste derby

Die Trustco United-sportterrein sal Saterdag 'n miernes van bedrywighede wees wanneer tradisionele mededingers FNB Wanderers en Trustco United mekaar in die 69ste uitgawe van hulle jaarlikse rugbyderby pak. Die dag sal gevul wees met aksie en vermaak! Die derby begin Donderdag met netbal, gevolg deur gholf, krieket en knobel. Kosmos…
22 Apr 10AM 1 min