Misdadigers doen hulle voor as polisielede

--:--
Die polisie in Mpumalanga waarsku padgebruikers oor misdadigers wat hulle voordoen as polisielede of verkeersbeamptes op die provinsiale paaie. Hulle teiken motoriste in donker gebiede en gee voor om polisie- of verkeersbeamptes se pligte uit te voer. Die misdadigers gebruik blou ligte wanneer hulle voertuie stop. 'n Polisiewoordvoerder, Magonseni Nkosi, sê wanneer motoriste die vals wetstoepassers gehoorsaam, beroof die verdagtes hulle van hul waardevolle besittings of ontvoer hulle vir 'n losprys.
1 Mar 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Organiese landbouproduksie kry plaaslik aandag

Twee organisasies het saamgespan om die Kennissentrum vir Organiese Landbou en Landbou-ekologie in Suidelike Afrika-projek te implementeer. Die projek, deur die Namibië Natuurstigting en die Namibiese Organiese Vereniging, het ten doel om die aanneem van organiese boerderypraktyke in Suider-Afrika op te skaal. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Vera Corry,…
26 Jul 11AM 1 min

Kaapse parlementsgebou sal in tyd voltooi wees - Phiri

Die Toesigkomitee van Openbare Werke en Infrastruktuur in die buurland beloof ‘n praktiese benadering tot die herbou van die Parlement. Die voorsitter, Carol Phiri, het na ‘n besigtiging van die verwoeste Nasionale Vergadering gesê die herbouprojek, wat vanjaar begin het, is op koers en moet teen Mei 2026 afgehandel wees…
26 Jul 11AM 1 min

LPM eis Otavi-plaas terug, vir die jeuggroep

Volgens plaaslike media is lede van die Wisdom Youth Organisation ongelukkig oor hul afdanking by 'n plaas wat volgens hulle deur die landbouministerie aan hulle toegestaan is in 2015. Die plaas naby Otavi was bedoel om werksgeleenthede aan die jeug te bied onder toesig van Freddy Haixwa, die organisasie se…
26 Jul 11AM 1 min

95 Libiërs lei militêre kamp in Witrivier

Die polisie in Mpumalanga het 95 Libiese burgers vir ondervraging in hegtenis geneem nadat hulle by ‘n vermoedelik militêre kamp in Witrivier aangetref is. Hulle het na bewering wanvoorstellings op hulle visumaansoeke gedoen en aangedui hulle kom na Suid-Afrika vir opleiding as sekerheidswagte. Die polisie ondersoek ook die moontlike bande…
26 Jul 11AM 1 min

Katrina se wewenaar belowe om haar reputasie te herstel

Die wewenaar van die ontslape oud-minister Katrina Hanse-Himarwa, Ghenno, het vandag gesê hy sal seker maak sy vrou se reputasie word herstel. Sy is in 2019 skuldig bevind aan korrupsie-klagtes in verband met behuising-begunstigdes in Mariental. Hy het met die media gepraat op Mariental waar ‘n straat vandag na Katrina…
26 Jul 9AM 1 min