Stormers-ondersteuner Dricus du Plessis help om Loftus vol te pak

--:--
Rugby: Die Bulle het 'n swaargewig ingespan om hulle te help om Loftus Versfeld vol te pak in môre se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen die Stormers - maar hy is 'n Stormers-ondersteuner! Die gemengde gevegskuns wêreldkampioen, Dricus du Plessis, sal môre op die stadion wees, terwyl die Bulle se uitvoerende hoof, Willem Strauss, sê hul ondersteuners kom van heinde en verre. Die gashere het in al agt hul vorige VRK-wedstryde teen hul aartsvyande verloor en is desperaat om die bordjies te verhang. Strauss is aan die woord.
1 Mar 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Antimikrobiese weerstand - hoor wat sê kenner

Die landbou-ministerie het sy derde agtereenvolgende nasionale vergadering van belanghebbendes oor antimikrobiese weerstand gehou, in samewerking met die Friedrich-Loeffler-Instituut. Die ministeries van gesondheid asook omgewing was ook betrokke. Die vergadering en werkswinkel was gesentreer rondom kollektiewe pogings om bewustheid oor antimikrobiese weerstand te skep. Dr. Lee-Monique Anderson, die hoof van…
22 Apr 12PM 1 min

Doodsregistrasie van 42 bus-ongeluk slagoffers gaan begin

Die Gesondheidsdepartement in Limpopo het planne aangekondig om te begin met die doodsregistrasie van die geïdentifiseerde oorskot van 42 mense wat in die Paasnaweek-busongeluk dood is. Dit is deel van die proses voor die repatriasie van liggame na hulle families in Botswana. Die ongeluk op die R518 Mmamatlakala-pad naby Mokopane…
22 Apr 12PM 1 min

Namibië erken vir vordering in MIV-stryd

Alhoewel MIV steeds beduidend voorkom onder vroue van reproduktiewe ouderdom, het Namibië groot vordering gemaak in sy stryd teen MIV. Die land sal volgende maand amptelike erkenning ontvang vir sy Wêreld Gesondheid Organisasie sertifisering vir die uitskakeling van moeder-na-kind oordrag van MIV en Hepatitis B. Kosmos 94.1 Nuus het gesels…
22 Apr 11AM 1 min

BOSA daag Julius Malema uit

Build One South Africa het die EFF-leier, Julius Malema, uitgedaag om hul 140 000 handtekeninge van ondersteuning wat by die Verkiesingskommissie ingedien is, na te gaan, na aanleiding van Malema se skeptisisme. Hulle beskuldig Malema daarvan dat hy hul geldigheid sonder bewyse bevraagteken. Die party doen 'n beroep op Malema…
22 Apr 11AM 1 min

Wanderers, United takel mekaar in 69ste derby

Die Trustco United-sportterrein sal Saterdag 'n miernes van bedrywighede wees wanneer tradisionele mededingers FNB Wanderers en Trustco United mekaar in die 69ste uitgawe van hulle jaarlikse rugbyderby pak. Die dag sal gevul wees met aksie en vermaak! Die derby begin Donderdag met netbal, gevolg deur gholf, krieket en knobel. Kosmos…
22 Apr 10AM 1 min