Walvisbaai-burgemeester sê hoekom die dorp belangrik is

--:--
Walvisbaai het vandag presies 30 jaar gelede formeel deel geword van Namibië. Resolusie 435 van 1978 het verklaar dat die hawedorp in Namibië se grondgebied herintegreer moet word. Na onafhanklikheid in 1990 het Walvisbaai steeds onder Suid-Afrika gebly, maar op 1 Maart 1994 is Walvisbaai en Pelicanpunt amptelik aan Namibië oorgedra. Kosmos 94.1 Nuus het met die burgemeester van Walvisbaai, Trevino Forbes, gepraat oor die belangrikheid van die dag.
1 Mar 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Pensioenfondse moet beter beheer word

Die vakbondfederasie Saftu doen 'n oproep op die regering om werkgewers te penaliseer wat versuim om pensioenfondsgeld oor te betaal wat van werknemers afgetrek is. Dié oproep volg ná die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor van 'n lys van ongeveer vier-duisend-200 geregistreerde maatskappye bekend gemaak het wat nié pensioenfondsbydraes van…
25 Apr 2AM 1 min

Meer as 280m mense is honger

Meer as een uit vyf mense in 59 lande het verlede jaar ernstige voedselonsekerheid beleef teenoor slegs een uit tien in 48 lande in 2016. Dit is volgens die jongste Wêreldverslag oor Voedselkrisisse waarby verskeie agentskappe van die Verenigde Nasies betrokke was. Die direkteur van die VN se Voedsel- en…
25 Apr 2AM 1 min

Bibi sê studente wat protesteer is anti-Semitiese gepeupel

Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê betogings by groot Amerikaanse universiteite teen die oorlog in Gaza moet stop. Die betogers eis dat die Amerikaanse regering ophou om militêre hulp aan Israel te stuur. Sommige studente eis ook dat universiteite ophou om in wapenvervaardigers te belê en sê hulle trek voordeel…
25 Apr 1AM 1 min

Giwusa bekommerd oor lewenskoste

Die buurland se vakbond Giwusa is onsteld oor bevindings deur die Pietermaritzburgse Justisie en Waardigheidsgroep oor die uitwerking van die hoë lewenskoste. Die verslag dui op 'n styging van 6,3-persent in die gemiddelde koste van 'n huishoudelike kosmandjie en 'n 8,5-persent prystoename vir huishoudelike en persoonlike higiëne-items. Die vakbond se…
25 Apr 1AM 1 min