![](https://static.iono.fm/files/p1207/logo_4442_20200124_111132_600.jpg)
Schlettwein wil eksplorasie, mynbou om Stampriet verbied
--:--
Headspring Investments is tans besig met uraaneksplorasie by Leonardville. In 2021 het die landbou-ministerie die eksplorasie permit egter gestop. Die DPM-parlementslid, Jan van Wyk, het landbou-minister Calle Schlettwein in die parlement gevra of hulle bewus is daarvan dat Headspring meer as 600 boorgate sonder die goedkeuring van die regering geboor het. Schlettwein antwoord dat geen boor-aktiwiteite gesien is sedert die permit teruggetrek is nie. Sy ministerie sal binnekort 'n Staatskennisgewing uitreik wat enige eksplorasie en mynbou-aktiwiteite verbied.