Byna 900 reeds geregistreer vir pensioenaris-skuldafskrywing

--:--
Windhoek se burgemeester, Queen Kamati, het tydens die eerste Stad Windhoek-raadsvergadering van die jaar 'n opdatering gegee oor die skuldafskrywingsproses vir pensioenarisse. Daar is tans bykans 900 pensionarisse geregistreer en die proses kom op 15 April tot 'n einde. Kamati het weer die lokale gegee waar die registrasies gedoen kan word.
1 Mar 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Houtskoolbedryf gaan van krag tot krag

Die Namibië Landbou-unie se nuutste kwartaallikse verslag berig dat die produksiewaarde van die houtskoolbedryf met 4,35 persent op 'n jaarlikse basis toegeneem het. Hierdie styging word toegeskryf aan die hoër gemiddelde prys per ton ontvang in 2023, wat met 9,09 persent gegroei het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Michael…
16 Apr 12PM 1 min

Takel Kaapstad-hawe se probleme: Wes-Kaap aan regering

Die Wes-Kaap se provinsiale wetgewer versoek die nasionale regering om die operasionele gebreke by die Kaapstad-hawe te pak. Die Wetgewer se staande komitee oor Finansies, Ekonomiese Geleenthede en Toerisme het 'n verslag aanvaar oor die operasionele uitdagings by die hawe, en omvattende aanbevelings as oplossings vir die kwessies. Cayla Murray…
16 Apr 12PM 1 min

Kampioeneliga-halfeindplekke op die spel

Sokker: Twee Kampioenebeker-kwarteindstryde sal vanaand beslis word. Barcelona is reeds 3-2 voor na die eerste ronde en verwelkom Paris Saint Germain, terwyl Atletico Madrid hulle 2-1 voorsprong sal probeer beskerm wanneer hulle Borussia Dortmunt vir die tweede ronde besoek. Die bestuurder Edin Terzic wil hê Dortmunt moet hulle tuisveldvoordeel laat…
16 Apr 12PM 1 min

Antimikrobiese weerstand weer onder die loep

Die landbou-ministerie gaan sy derde agtereenvolgende nasionale vergadering van belanghebbendes oor antimikrobiese weerstand hou, in samewerking met die Friedrich-Loeffler-Instituut. Dit is om die vordering te evalueer van implementerings-aktiwiteite wat verband hou met Namibië se Antimikrobiese Weerstand Nasionale Aksieplan. Die vergadering is geskeduleer vir môre by Avani in Onafhanklikheidslaan. Dr. Theuns…
16 Apr 11AM 1 min

Werkskepping 'is nie die staat se rol'

Die bekende ekonoom Dawie Roodt sê dis nie die ANC-regering se rol om werk te skep nie - sy rol is om ʼn omgewing te skep waar die privaat sektor behoorlik kan funksioneer. Suid-Afrika se jeug bly kwesbaar terwyl die werkloosheidsyfer in die vierde kwartaal van verlede jaar met 87…
16 Apr 11AM 1 min