Afrika-leiers moet Westerse leiers op hul tone hou oor klimaatsverandering

--:--
Die Namibiese ekoloog, Peter Cuningham, het die noodsaaklikheid vir Afrika-leiers beklemtoon om hul Europese eweknieë aanspreeklik te hou om aandag te skenk aan klimaatsverandering. Cuningham se verklaring volg ná ‘n onlangse studie wat ernstige hongersnood voorspel vir 200 miljoen Afrikane, ‘n potensiële vermindering van 30 persent in oes-inkomste en ‘n 7,1-persent afname in die bruto binnelandse produk as gevolg van klimaatsverandering. Hy waarsku oor Afrika se kwesbaarheid vir negatiewe uitwerkings indien daar nie opgetree word nie.
23 Feb 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nou loop KZN deur onder woeste reën

Die KwaZulu-Natalse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê vlak vyf ontwrigtende reëntoestande word tot middernag vandag vanaf eThekwini tot by die suidkus verwag. Die departement se woordvoerder, Siboniso Mngadi sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n waarskuwing oor swaar reënbuie uitgereik, wat daartoe kan lei dat sommige gebiede reënval…
15 Apr 8AM 1 min

Freeth se memorandum het SADC se aandag

Daar blyk goeie nuus te wees oor die memorandum van die Zimbabwe-boer Ben Freeth, wat vra dat die tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, of SADC, weer ingestel word vir geregtigheid en sodat boere wat van hulle plase verjaag is, vergoeding vir hul grond kan kry. Barend Uys van AfriForum het…
15 Apr 8AM 1 min

Elektrifisering suip aan die agterspeen

Afrobarometer-opnamebevindinge in 39 Afrika-lande toon dat vordering in elektrifisering stadig en ongelyk bly, wat groot dele van die bevolking – veral landelike en arm huishoudings – sonder toegang tot krag laat. Ervarings verskil dramaties per land, maar gemiddeld geniet minder as die helfte van huishoudings betroubare elektrisiteit-voorsiening, en 'n meerderheid…
15 Apr 7AM 1 min

SAPD het geen aanspreeklikheid vir geslagsgeweld nie

Oor na die buurland en die DA sê 'n totale gebrek aan aanspreeklikheid bestaan binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Tussen April en September verlede jaar is 165 polisielede betrek by gesinsgeweld. Slegs 93 sake van gesinsgeweld waarby polisielede betrokke was, is gedurende dié tydperk opgelos. Okkie Terblanche van die DA sê,…
15 Apr 7AM 1 min