DA-leier soek Cyril se e-posse en WhatsApps

--:--
Die DA-leier, John Steenhuisen, het ‘n aanmaningsbrief aan die ANC gestuur waarin hy aandring die party moet gehoor gee aan die Konstitusionele Hof se uitspraak dat kaderontplooiingsrekords terugwerkend tot 2013 vrygestel moet word. Hy beklemtoon die ANC se versuim om president Cyril Ramaphosa se e-posse en WhatsApps in te sluit tydens sy ampstermyn as die komitee se voorsitter. Steenhuisen beklemtoon ook hoe belangrik dit is om die uitwerking van kaderontplooiing op die land bloot te lê.
23 Feb 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Elektrifisering suip aan die agterspeen

Afrobarometer-opnamebevindinge in 39 Afrika-lande toon dat vordering in elektrifisering stadig en ongelyk bly, wat groot dele van die bevolking – veral landelike en arm huishoudings – sonder toegang tot krag laat. Ervarings verskil dramaties per land, maar gemiddeld geniet minder as die helfte van huishoudings betroubare elektrisiteit-voorsiening, en 'n meerderheid…
15 Apr 7AM 1 min

SAPD het geen aanspreeklikheid vir geslagsgeweld nie

Oor na die buurland en die DA sê 'n totale gebrek aan aanspreeklikheid bestaan binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Tussen April en September verlede jaar is 165 polisielede betrek by gesinsgeweld. Slegs 93 sake van gesinsgeweld waarby polisielede betrokke was, is gedurende dié tydperk opgelos. Okkie Terblanche van die DA sê,…
15 Apr 7AM 1 min

Hoe raak die Iran-chaos Namibië en Suid-Afrika

Die aanval deur Iran op Israel, na sy konsulaat in Damaskus deur Israel aangeval is. Die konflik brei uit en daar is groot kommer oor die stand van sake. Maar, hoe raak dit ons, in ons deel van die wêreld. Politieke ontleder professor Andre Duvenhage sê die impak op Suid-Afrika…
15 Apr 7AM 1 min