Spreeklewe - Jy moet jou vyande liefhê

--:--
Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie? En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie? Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.
4 Oct 2023 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

#KomOnsPraatDaaroor - 8 Mei

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
8 May 43 min

GROOT Biddag Ma wees

Annelie gesels met 4 mammas oor ma wees, die uitdagings, die Hoop, tyd vir jouself en hoe belangrik gebed is vir leiding as ouer en vir jou kinders
29 Apr 39 min

GROOT-Biddag - Finansies

Annelie gesels met Dr. Francois Stoffberg en Jan van Wyk oor finansies en geloof en hoe dit hand aan hand gaan. Mag ons bid vir finansies, wat is ons verantwoordelikheid teenoor die staat ens.
29 Apr 30 min

GROOT-Biddag - Skole

Annelie fokus op skole en jongmense in 'n gesprek met 2 Skoolseuns, Viljee Smit en Jesse Pretorius asook Pastoor Muller Kroukamp en Pastoor Werner van der Walt. Wat is ons kinders se grootste uitdagings en hoe kan ons as volwassenes hulle help
29 Apr 32 min