DIE BYBEL - Episode 11 - Sport en Kultuur in die Bybelse tyd.
Loading player...
Dr. Zander van der Westhuizen en Prof Chris de Wet gesels in hierdie episode oor Sport en Kultuur in die Bybelse tyd. Hulle vertel watter tipes sport het in die antieke tye voorgekom en hoe het kultuur en vermaak gewerk binne die konteks van veral die Grieke. Hierdie sport en kultuur was die agtergrondmusiek van die Nuwe Testament. Hulle deel ook in hierdie episode ’n paar interessante feite oor kos in die Bybel. Aan die einde van die episode antwoord hulle ook ’n paar vrae.