Lunch Punch: Reyno & Heidi Wepener oor die Boelie Issie Cool Nie film

Loading player...
Boelies is oral - op skool, by die werkplek en selfs in die kuberruim. Die impak wat boeliegedrag op iemand se lewe kan hê, is dikwels reusagtig en in 99% van die gevalle is dit baie negatief.

Reyno Wepener, die bemarker van die ATKV-Buffelspoort-vakansieoord, is saam met sy vrou Heidi betrokke by kinderbediening. Uit die aard van haar werk as spelterapeut en maatskaplike werker, is die egpaar deeglik bewus van die negatiewe gevolge wat boelies se gedrag op kinders kan hê. Reyno werk ook baie saam met skole wat die oord besoek en in sy gesprekke met onderwysers en skoolhoofde duik boeliegedrag gereeld op. Natuurlik is dit nie net tot skoolkinders beperk nie. Dít het die saadjie by Reyno geplant om ’n kortfilm te maak waarin boeliegedrag aangespreek word, maar wat ook hoop moet gee - selfs vir diegene wat hulle skuldig maak aan ’n geboelie.

Kunstenaars met wie Reyno al dikwels saamgewerk het, is Cor en Letitia Uys, beter bekend as oom Karoolus en Lente. Reyno het sy idee met Cor en Letitia gedeel, en daar is sommer gou saamgestem dat ’n kortfilm, gemik op laerskoolleerders, die ideale manier sou wees om hierdie groot olifant in die kamer aan te spreek.
19 Apr 2023 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Lunch Punch: André Schwartz oor Gesigte

André Schwartz oor Gesigte. Kan jy die eerste gesig onthou wat jy gewaar het; vasgevang in tyd, geheue en onveranderlik? Natuurlik nie. Soos met alle herinnerings is daar veranderlikes. Verewig wisselend in die album van ons geheue; altyd nuutgeskep op die doek van ons verlange, soos lewende kuns. Elke gesig…
7 Feb 7 min