Lunch Punch: Regisseur praat oor Stella Murders dokumentêr

--:--
Suid-Afrikaanse regisseur, David Enright, het homself in ware misdaad gevestig met Devilsdorp, die reuse-treffer dokumentêre reeks wat een van Showmax se 10 mees gestroomde titels van 2021 was, internasionaal verkoop is en die 2022 SAFTA gewen het vir Beste TV-dokumentêr.

Sy tweede ware-misdaad dokumentêr, Stella Murders, word vandag, Vrydag, 17 Maart vrygestel.

Die langfilm Showmax Original dokumentêr ondersoek die dood van beste vriendinne Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) by hul koshuis by Hoërskool Stella in Noordwes. Op Saterdagoggend, 26 Mei 2018, word Sharnelle aangetref gehang by die trap en Marna word in 'n badkamer ontdek. Is dit 'n dubbele selfmoord of 'n moord?
17 Mar Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Lunch Punch: Sonja Herholdt oor Sonja in Konsert

Sonja Herholdt maak op Sondag 8 Oktober 2023 haar debuut-buiging by die Atterbury Teater met ‘n solo-vertoning wat bestaan uit van haar bekende en ander immergroenliedjies in Afrikaans en Engels. Op sommige van die liedjies begelei Sonja haarself op klawerbord en maak ook gebruik van agtergrondmusiek. Die program het ‘n…
29 Sep 31 min

Lunch Punch: West se Ernie Bates, Mac Young en Hugo Hewitt in Atterbury Kollig

Die Amerikaanse countrylegende Charley Pride het een keer opgemerk: “It isn’t reasonable to expect that everyone in the world is a country music fan.” En toe met ‘n glimlag bygevoeg: “Not yet, anyway.” Aanhangers van countrymusiek en musiekliefhebbers in die algemeen kan gerus notisie neem van West, die treffergroep bestaande…
22 Sep 6 min