U beskerm my van alle kante - Johann Els

--:--
PSALMS 3
'n Psalm van Dawid toe hy vir sy seun Absalom gevlug het.
Ek het so baie vyande, Here!
Baie kom in opstand teen my.
Daar is talle wat van my sê:
“Van God kom daar vir hom geen hulp nie!”
Sela
Maar U, Here, beskerm my aan alle kante,
U herstel my eer en aansien.
As ek na die Here roep,
antwoord Hy my van sy heilige berg af.
Sela
As ek gaan lê, slaap ek goed;
ek word ook weer wakker,
want die Here sorg vir my.
Ek is nie bang vir tienduisende mense
wat van alle kante af op my toesak nie.
Kom tog, Here,
help my, my God!
U het nog altyd my vyande se mag verbreek,
U het die aanval van die goddeloses afgeslaan.
Hulp kom net van die Here af.
U laat dit goed gaan met u volk.
6 Mar 2023 English South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes