Liefde - Johann Els

--:--
1 KOR 13
Die liefde
Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is:
Al praat ek die tale van mense en engele,
maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword.
Al het ek die gawe van profesie
en ken ek al die geheimenisse
en besit ek al die kennis,
en al het ek al die geloof om berge te versit,
maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.
Al deel ek al wat ek het aan ander uit,
en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem,
maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.
Die liefde is geduldig,
die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.
Dit handel nie onwelvoeglik nie,
soek nie sy eie belang nie,
is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.
Dit verbly hom nie oor onreg nie,
maar verheug hom oor die waarheid.
Dit bedek alles,
glo alles,
hoop alles,
verdra alles.
Die liefde vergaan nooit nie,
maar die gawe
van profesie sal verdwyn,
die gawe
om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou,
en dié van kennis sal uitgedien raak.
Want ons ken maar gedeeltelik,
en ons profeteer maar gedeeltelik,
maar wanneer die volledige kom,
sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.
Toe ek 'n kind was,
het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind.
Maar noudat ek 'n man is,
is ek klaar met die dinge van 'n kind.
Nou kyk ons nog
in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld,
maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is.
Nou ken ek net gedeeltelik,
maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.
En nou:
geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie.
En die grootste hiervan is
die liefde!
13 Feb 2023 English South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes