Spreeklewe - 'n Nie-traditionele seënbede vir 2022

Loading player...
Ons begin 2022 met 'n Nie-traditionele seënbede. (Franciscan blessing)

Mag God jou seën met ongemak,
Vir maklike antwoorde, halwe waarhede,
En oppervlakkige verhoudings
Sodat jy diep in jou hart
Kan lewe

Mag God jou seën met woede
Vir onreg, onderdrukking,
En die uitbuiting van ander mense,
Sodat jy kan werk vir
Geregtigheid, vryheid en vrede.

Mag God jou seën met trane,
vir die wat pyn, Verwerping, honger en oorlog verduur
Sodat jy jou hand kan uitsteek
Om hulle te troos en
Om hul pyn in vreugde te verander
12 Jan 2022 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Eldon van Aswegen - Fosta dokumentêr

Die regiseur Eldon van Aswegen, gesels met Annelie op Mirrag oor sy nuwe dokumentêr "Fosta" wat gaan oor Thulani ‘Fosta’ Headman, ’n voormalige bendelid van Langa, wat uit die tronk terugkeer, vasbeslote om elektroniese musiek te gebruik om sy lewe te herontdek.
17 Jul 11 min

Philly

Philly kuier by Annelie in Mirrag om te gesels oor wat hy sy beste liedjie nog noem. Sy nuwe liedjie "Spook van jou" is nou beskikbaar
14 Jul 15 min

Nicholis Louw en Pieter Pruis

Nicholis Louw en Pieter Pruis neem die Mirrag met Annelie ateljee oor! Hulle gesels oor hulle nuwe liedjie "Feit soos 'n koei" en is sommer net lekker laf so op 'n Vrydag middag.
3 Jul 25 min

Myan Subrayan

Annelie gesels met Myan Subrayan oor sy werk met van ons land se Grootste sportsterre, sy getuienis en dat hy geskiedenis gemaak het as die eerste Indier wat as spreker in Afrikaans by die Voortrekker monument opgetree het. En oor die ware "Curry Cup"
1 Jul 15 min

Justin Serrao

Annelie gesels met Justin Serrao oor sy musiek en sy jare in die bedryf en toets sommer ook sy Afrikaans
25 Jun 18 min