Lunch Punch: Theuns Jordaan se boesemvriend en kollega, Jacques du Plessis, bevestig sy afsterwe

--:--
Die Afrikaanse gemeenskap lei aan skok oor die nuus dat die sanger en liedjieskrywer, Theuns Jordaan, vroeg vanoggend op die ouderdom van 50 oorlede is. Leukemie is in September verlede jaar by Jordaan gediagnoseer. Hy het in Maart vanjaar ‘n beenmurgoorplanting ondergaan as deel van sy kankerbehandeling. Hy is bekend vir sy liedjies "Soos Bloed", "Beautiful In Beaufort-Wes" en meer onlangs "Honger Hart".

Sy boesemvriend en kollega, die sanger, Jacques du Plessis, het die nuus telefonies aan GROOTfm bevestig.
17 Nov 2021 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Lunch Punch: "Captive" leeubedryf-debat

Volledige debat oor die gevange leeubedryf, na die vrystelling van die verslag deur Minister Barbara Creecy. Sy het die verslag van die ministeriële taakspan oor die "captive" leeubedryf vrygestel. Die Kabinet het die vrystelling van die verslag en sy aanbevelings vir implementering goedgekeur. Die ministeriële taakspan is in Desember 2022…
24 Apr 36 min