#DieGROOTBrekfis Kolonel Kobus Lategan

--:--
1984 in JHB geland, sonder om ‘n woord Engels te kon praat, en by die blitspatrollie begin, daarna na die honde-eenheid agv sy passie vir honde! Toe het hy ‘n offisier geword en was in die Oosrand vir ‘n jaar. Later het hy as Kaptein in 1993 in Roodepoort by die honde-eenheid begin. Hy het toe ook betrokke geraak by die polisie lugvleuel, helikopter-operasies, lugmag, en as polisie-duiker en gyselaar-onderhandelaar gekwalifiseer! Die dag wat Kolonel Lategan die kursus suksesvol voltooi het was daar ‘n gyselaarsdrama by ‘n gevangenis in JHB en hy is dadelik soontoe om die onderhandelings te begin! In 1999 word hy bevorder na die rang van vol-kolonel, en geplaas by die uniform-tak by Roodepoort. Daar het hy homself opgewerk en oorgeplaas na JHB sentraal polisiestasie in 2008. En in 2010 tot nou toe, is kolonel Lategan by JHB Distrik ‘Cluster’ sigbare polisiering. (Vis-pol – visible police.) In die afgelope dekade het hy nou betrokke geraak by ‘economic stimulus’ – aksies om die ekonomie te verbeter dmv die uitskakeling van ‘counter fit’ en vervalsde items – verlede jaar meer as R600 miljoen se goedere. Hy is onlangs aangewys as die wenner van Interpol se ‘Professional Service Award’. Die 1ste een vir Afrika en SA!
16 Nov 2021 Afrikaans South Africa Entertainment News · Comedy

Other recent episodes