#DieGROOTBrekfis Maryke wen Vinnige 5... maar toe..........

Maryke Meyer het vanoggend deurgekom op die telefoon om deel te neem aan die Vinnige 5 kompetisie moontlik gemaak deur Everest Wealth Management. Sy kon dit nie glo toe sy hoor sy is reg met al 5 die raaiskote nie. Sy het volkomen op Vader vertrou vir die voorsiening. En net toe sy dog dis al toe bel Ruben en Jen haar weer terug met nog nuus... Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.