Run/ Cycle for Hope Uitdaging #8
--:--
Ons hardloop alweer die Virtual Run/Cycle for Hope, 21 en 22 Aug. Hardlopers by kerke is besig om mekaar uit te daag om in te skryf, want elke inskrywing koop ‘n Bybel en ‘n leesboek. So laas week het ons Nadia Maritz van Kerk in Suid in Centurion se mense uitgedaag, en die week wil sy die atlete van NG kerk Jeffreysbaai "sterk motiveer" om nie net in te skryf nie, maar selfies ook te neem!