Lunch Punch: Jou Groot Talent 2021 - Nico Loubser, wenner van die oopafdeling

Ouer maar nog nie kouer nie. Nico Loubser bewys met sy inskrywings vir hierdie jaar se oopafdeling, dat ouderdom 'n bysaak is wanneer dit kom by talent. Hy staan vir niemand terug nie en vertel eerstehands hoekom hy besluit het om hierdie jaar in te skryf. Hy het al opleiding ontvang by Edrien Erasmus en omring homself juis met jonger mense soos die akteur Zack Mtombeni wat hom gehelp het om sy videos op te neem en aan te stuur.