Koop jy binnekort vir die eerste keer huis?

Loading player...
Om ʼn huis te koop kan veral vir ʼn eerste-keer-koper ʼn ingewikkelde en intimiderende proses wees. Die proses kan selfs so frustrerend wees dat dit sommer net ʼn reuse-beslommernis word. Francois Janse Van Rensburg gaan oor die volgende vier weke met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor dié proses en sommer ook ʼn paar wenke gee oor hoe om die aankoop van jou eerste huis so maklik as moontlik te doen.
3 Jun 2021 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Vervolgingsondag plaas kollig op Christene se nood in Afrika

Die kerk in Afrika is die grootste en jongste ter wêreld, tog ervaar dit tans ʼn ongekende aanslag. Geopende Deure Suider-Afrika wil met die herdenking van Vervolgingsondag die soeklig op dié Christene se nood plaas. Kom luister ook na die volledige onderhoud met Elizabeth Botha, mediabeampte by Geopende Deure Suider-Afrika.
3 Jun 10 min

Franja wys haar ander, dieper kant

“Ek is beslis nog jonk van gees en jonk in my hart, maar ek voel nou anders oor sekere goed en sien uit daarna dat mense hierdie deel van my sien.”
3 Jun 8 min

Akteursvriende skuif saam agter mikrofoon in vir treffende duet

“Moenie dink nie, doen net” is die leuse waarmee akteurs Armand Aucamp en Christia Visser se karakters in die 2015-lokettreffer Ballade vir ʼn enkeling die lewe aangepak het. Met dieselfde ingesteldheid het dié dinamiese duo, en hegte vriende, hul talente saamgesnoer vir ʼn nuwe – en in Armand se geval,…
23 May 20 min

Leah spog met lied uit haar eie pen

Met lirieke soos “die lekkerste lekker ding om te doen is te soen” skerts sy dat die liedjie ook terugverwys na een van haar bekendste treffers.
19 May 10 min