Klank Kompas Ek en my mense

Ek en my mense

Hierdie boeiende podcast bring 'n reeks inspirerende stories van hoop. Elke episode bied aangrypende getuienisse, stories en opinies wat jou sal aanmoedig om te volhard en vas te hou aan die hoop wat daar in Christus is.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
7 Episodes

Ep. 7 - Dinge van die lug: reënboë en beloftes

Rudolph, Jean-Mari en hul dogtertjie Talitha woon in Rawsonville. Hy is ’n dominee, en Jean-Mari hou skool. Ons kuier saam met hulle op Worcester se vliegveld terwyl daar af en toe ‘n vliegtuig opstyg en daar gekommunikeer word op 124.8 MHz tussen mense in vliegtuie en mense op die grond…
28 Apr 18 min

Ep. 6 - Aletia Grundling: 'n Boeremeisie met 'n missie

Aletia Grundling is bewys daarvan dat dinamiet in klein pakkies kom. Hierdie boervrou van Simondium jaag sommer met haar motor tussen toeskouers in wat sit en toekyk hoe bendelede mekaar doodmaak. “Hier gaan geen ouer meer toekyk hoe haar kind in ‘n silwer sak weggedra word nie!” Hierdie passie vir…
22 Apr 23 min

Ep. 5 - Hierdie Lazarus help sy dorp opstaan

Lazarus Makwena dra vanoggend ‘n “hoodie” wat lees “Victoria-Wes Plek van Hoop”. Ons het langs hom op die sypaadjie gaan sit en gevra hoe dit op die platteland gaan en hoe hy en ander besig is om hoop te bring in ‘n arm en behoeftige gemeenskap. Hy vertel onder andere…
12 Apr 12 min

Ep. 4 - Twee kante van 'n kerkdeur

Jenny en Cathy woon in Paarl-Oos. Hulle het besluit om die kerk na "die mense" toe te vat, en nie net te wag dat die mense kerk toe kom nie. Hulle help ons om 'n besondere dimensie van kerk-wees, prakties te sien uitspeel. Hulle vertel as te ware hoe ons…
5 Mar 21 min

Ep. 3 - My naweek was nie genoeg nie (Fanie Kriel)

Fanie Kriel van die Paarl gesels oor hoe die mens smag na 'n reddingsboei in 'n see van prestase en ekstase. Ons kyk na wat ware rus is, hoekom mens dit nodig het en hoe jy dit kry. Hy verduidelik ook wat instase is en wat die effek daarvan sou…
20 Feb 32 min

Ep. 2 - Trane tot hoop (Boekgesprek met Cas Wepener)

“Om ’n erediens in Lydenstyd te hou wat drup van lament is hoop in aksie”. Só sê prof Cas Wepener, die Stellenbosse teoloog en skrywer. Heléne Meissenheimer, joernalis by Kerkbode, het met hom gesels oor ’n nuwe boek wat hy saam met sy kollega, dr Dawid Mouton van die VGK,…
13 Feb 17 min

Ep. 1 - 10 Miljoen pare skoene vir kinders (Samaritan's Feet)

Manny en Tracie Ohonme is die stigters van Samaritan's Feet. Hulle vertel oor die hartroerende wortels van hul bediening en hoe hul in 20 jaar al meer as 10 miljoen pare skoene aan kinders gegee het. Hermien Louw deel hoe jy en jou gemeente betrokke kan raak. Vir meer inligting,…
13 Feb 35 min